Die kasjoeboom (Anacardium occidentale) is 'n tropiese immergroen plant wat kasjoeneute en kasjoeappels voortbring, Dit groei tot 14 meter (46 voet) hoog, maar die dwergkasjoe, wat tot 6 meter (20 voet) hoog word, het hom as meer winsgewend bewys omdat dit vroeër volle wasdom bereik en hoër opbrengste lewer.

Die kasjoeneut dien as 'n versnapering en word in kosbereidings soos ander neute gebruik, maar dit is eintlik 'n saad. Die kasjoeappel is 'n vrug waarvan die pulp tot 'n soet vrugtedrankie verwerk of tot 'n likeur gedistilleer kan word.

Die dop van die kasjoeneut lewer opbrengste wat in baie toepassings gebruik kan word, van smeermiddels tot verf, en ander dele van die boom is tradisioneel gebruik teen slangbyte en vir ander tradisionele geneesmiddels.

Kasjoe kom oorspronklik van die noordooste van Brasilië, maar word nou wyd in tropiese gebiede verbou, met Viëtnam en Nigerië wat die grootste produsente verteenwoordig, asook in Indië, die Ivoorkus en Indonesië.

Tabel Top tien produseerders van Kasjoeneute in 2016 Land Produksie(metrieke ton) Opbrengs(MT/hektaar) 1 221 007 0.85 958 860 1.97 671 000 0.66 607 300 0.44 216 398 4.79 195 140 1.0 164 151 0.14 153 888 0.38 130 072 0.25 125 728 0.29Wêreldtotaal 4 898 210 0.58Bron: Food & Agriculture Organization

Verspreiding Die spesie kom voor in: Bolivië, Brasilië, Colombia, Ecuador, Guyana, Peru, Suriname, Trinidad-Tobago en Venezuela.

Galery

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Neute en sade Kategorie:Flora van Bolivië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Flora van Colombia Kategorie:Flora van Ecuador Kategorie:Flora van Guyana Kategorie:Flora van Peru Kategorie:Flora van Suriname Kategorie:Flora van Trinidad en Tobago Kategorie:Flora van Venezuela