Naka Drotské (*15 Maart 1971, Senekal) is ’n oud-Springbokspeler en afgetrede rugbyafrigter. Hy was die senior afrigter van die Toyota Cheetahs in Superrugby, maar het sy uittrede as afrigter op 8 Mei 2015 aangekondig.

Hy het op haker gespeel vir die Vrystaat Cheetahs en ook die Blou Bulle in die Suid-Afrikaanse provinsiale Curriebeker, en was 'n lid van die 1995 Rugbywêreldbeker-wenspan. Drotské was ook lid van die span wat derde geëindig het in die Rugbywêreldbeker 1999 en het vir drie jaar in Engeland by London Irish gespeel.

Spelersloopbaan

Provinsiaal Blou Bulle 2000–01 Vrystaat Cheetahs 1993–1999 en 2002–2005

Nasionale span Hy het sy eerste toetswedstryd vir die Springbokke op 13 November 1993 teen Argentinië in Buenos Aires gespeel, toe hul 52-23 gewen het.

Eksterne skakels scrum.com itsrugby.co.uk

Verwysings SA Rugbyprofiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyafrigters Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Rugbyafrigters Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers