Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident. Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-generaal van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.
Seremoniële pos duimnael|Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1961–1984) duimnael|Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1984–1994) Die Republiek van Suid-Afrika is uitgeroep op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-generaal, is beëdig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident 'n ampsserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniële pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen 'n uitvoerende presidentskap, en het pleks daarvan 'n minimalistiese benadering gevolg as 'n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen 'n Republiek gekant was. Soos Goewerneurs-generaal voor hulle was alle staatspresidente afgetrede Nasionale Party-ministers, en daarom blank, Afrikaans en manlik.
Uitvoerende pos Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident 'n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.
Einde van blanke minderheidsregering Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, wat in 1994 aanvaar is, staan die staatshoof (en regeringshoof) eenvoudig bekend as die president. Die eerste sodanige president, Nelson Mandela, destyds leier van die ANC, is as die land se president beëdig op 11 Mei 1994.
Lys van Staatspresidente van Suid-Afrika (1961–1994) Partye
# Naam(Geboorte–Dood) Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat Gekies(Parlement) PartyStaatspresidente as staatshoofde (seremonieël, 1961–1984) 1Charles Robberts Swart(1894–1982)70px31 Mei 196131 Mei 1967 —Nasionale Party —Theophilus Ebenhaezer Dönges(1898–1968)70pxVerkies, maar het nie die amp aanvaar nie weens siekte —Nasionale Party —Tom Naudé(1889–1969)(waarnemend)70px1 Junie 196710 April 1968 —Nasionale Party 2Jim Fouché(1898–1980)70px10 April 19689 April 1975 —Nasionale Party —Jan de Klerk(1903–1979)(waarnemend)60px9 April 197519 April 1975 —Nasionale Party 3Nicolaas Johannes Diederichs(1903–1978)70px19 April 197521 Augustus 1978(oorlede in amp) —Nasionale Party —Marais Viljoen(1915–2007)(waarnemend)70px21 Augustus 197810 Oktober 1978 —Nasionale Party 4John Vorster(1915–1983) |70px10 Oktober 19784 Junie 1979(bedank) —Nasionale Party 5Marais Viljoen(1915–2007)70px19 Junie 1979waarnemend sedert 4 Junie 19793 September 1984 —Nasionale PartyStaatspresidente as staatshoofde en regeringshoofde (uitvoerend, 1984–1994) 1Pieter Willem Botha(1916–2006)70px14 September 1984waarnemend sedert 3 September 198415 Augustus 1989(bedank)1987 (20)Nasionale Party 2Frederik Willem de Klerk(1936–2021)70px20 September 1989waarnemend sedert 15 Augustus 198910 Mei 19941989 (21)Nasionale Party
Sien ook Adjunkpresident van Suid-Afrika Eerste Minister van Suid-Afrika Goewerneur-generaal van Suid-Afrika President van Suid-Afrika Speaker van die Nasionale Vergadering Lys van Suid-Afrikaanse staatshoofde
Eksterne skakels
Lys van Presidente Lyste van Staatshoofde met skakels na bios
Kategorie:Suid-Afrikaanse lyste Suid-Afrika, Staats