26 Oktober is die 299ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (300ste in skrikkeljare). Daar volg nog 66 dae in die res van die jaar.

Gebeure 362 – Die tempel van Apollo in Daphne brand neer. Die Romeinse keiser Julian beskuldig die Christene van brandstigting en laat 'n groot aantal kerke sluit. 1377 – Tvrtko I kroon homself tot eerste "koning van die Serwiërs, Bosnië, die Kusland en die westelike Lande". 1474 – ’n Verdrag tussen Koning Lodewyk XI van Frankryk en die Switserse Bondgenootskap word gesluit, wat verseker dat die state mekaar sal ondersteun sou ’n oorlog met Boergondië uitbreek. 1562 – Koninklike Franse troepe neem Rouen in en verwoes die Normandiese hoofstad. 1907 – Die NG gemeente Cathcart word gestig. 1926 – Emily Hobhouse se oorblyfsels word aan die voet van die Vrouemonument ter ruste gelê. 1946 – Die NG gemeente Maltahöhe word in die destydse Suidwes-Afrika gestig. 1947 – Kasjmir word deel van Indië. 1955 – Suid-Viëtnam se eerste minister, Ngo Dinh Diem, verklaar homself tot president en vervang daardeur Nguyen Keiser Bao Dai as staatshoof. 1976 – Transkei word die eerste tuisland om onafhanklikheid van Suid-Afrika te ontvang. 1979 – President Park Chung-hee van Suid-Korea sterf in ’n sluipmoordaanval wat deur die direkteur van die Koreaanse Sentrale Intelligensie Agentskap en jarelange vriend Kim Jaekyu uitgevoer is.

duimnael|regs|100px|VSA-President George Bush 2001 – Die Amerikaanse President George W. Bush onderteken die USA PATRIOT-wet, die akroniem staan vir Uniting and Strengthening America by Providing Appropriate Tools Required to Intercept and Obstruct Terrorism. 2025 – Oos-Timor word die elfde lidland van ASEAN.

Geboortes 968 – Kazan, 65ste Tennō van Japan († 1008). 1483 – Hans Buchner, Duitse orrelis en komponis († 1538). 1611 – Antonio Coello, Spaanse skrywer († 1652). 1645 – Aert de Gelder, Nederlandse skilder († 1727). 1684 – Kurt Christoph Graf von Schwerin, Pruisiese veldmaarskalk († 1757). 1685 – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis († 1757). 1694 – Johan Helmich Roman, Sweedse komponis († 1758). 1697 – John Peter Zenger, Duits-Amerikaanse uitgewer († 1746). 1759 – Georges Danton, Franse revolusie-leier († 1794). 1765 – Jan Šimon Václav Thám, Tsjeggiese digter, skrywer en toneelspeler († 1816). 1788 – Thomas R. Ross, Amerikaanse politikus († 1869). 1800 – Helmuth von Moltke die Ouere, Pruisiese veldmaarskalk († 1891). 1809 – Franz Wilhelm Junghuhn, Duitse natuurwetenskaplike († 1864). 1849 – Heinrich Bulthaupt, Duitse skrywer († 1905). 1853 – Paul Homeyer, Duitse orrelis († 1908). 1859 – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis († 1932). 1880 – Andrei Bely, Russiese digter († 1934). 1883 – Napoleon Hill, Amerikaanse skrywer († 1970). 1885 – Duggie Morkel, Suid-Afrika se tiende Springbokkaptein († 1950). 1886 – Isidore Fattal, Siriese aartsbiskop († 1961). 1895 – Josef-Ernst Fürst Fugger von Glött, Duitse politikus († 1981). 1895 – Allan G.B. Fisher, Nieu-Seelandse ekonoom († 1976). 1896 – Antoine Abed, Libanese aartsbiskop († 1975). 1897 – J.L.B. Smith, Suid-Afrikaanse igtioloog wat die selakant geïdentifiseer het († 1968). 1897 – Henry Vahl, Duitse toneelspeler († 1977). 1900 – Karin Boye, Sweedse skrywer († 1941). 1901 – Herman Auerbach, Duits-Poolse wiskundige († 1942). 1910 – Jan Steytler, Suid-Afrikaanse politikus († onbekend). 1911 – Hester Heese, Afrikaanse skrywer († 1992). 1918 – Anton Hartman, Suid-Afrikaanse dirigent († 1982). 1919 – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran († 1980). 1925 – Jan Hendrik Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder († 2007). 1936 – Wilhelm Knobel, Afrikaanse digter († 1974). 1936 – Shelley Morrison, Amerikaanse aktrise en filmvervaardiger († 2019). 1938 – Richard Goldstone, Suid-Afrikaanse regter. 1939 – Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer († 2017). 1940 – John D. Caputo, Amerikaanse filosoof.

Sterftes 899 – Koning Alfred die Grote van Engeland (* 849). 1952 – Hattie McDaniel, Amerikaanse aktrise en die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen (* 1895). 1969 – Jeremy Schulman, Suid-Afrikaanse violis en dirigent (* 1896). 1972 – Igor Sikorsky, Oekraïens-Amerikaanse helikopterpionier (* 1889). 1979 – Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat, president van Suid-Korea (* 1917). 1983 – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus (* 1901). 1998 – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog (* 1911). 1999 – Maria Alba, Amerikaanse aktrise (* 1910). 1999 – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger (* 1936). 1999 – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster (* 1937). 2014 – Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates (* 1987). 2021 – Roh Tae-woo, president van Suid-Korea (* 1932).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Evaristus in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Oktober