Philadelphia is 'n dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 'n boerderygemeenskap wat in die Swartland geleë is, ongeveer 33 km suidwes van Malmesbury af.

Met die 2011-sensus het die dorp 570 inwoners gehad. Die meeste inwoners praat Afrikaans (87%). Die munisipale bestuur en dienslewering val onder die Stad Kaapstad.

Ontstaansgeskiedenis Die dorpie het ontwikkel uit 'n sendingstasie van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat in 1863 hier gestig is. Die naam is van Bybelse oorsprong (Openb. 3:7-13) en beteken "broederliefde".

Sien ook NG gemeente Philadelphia Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap