Vir elektroniese pos, sien E-pos. duimnael|regs|Kleitablet met 'n gedeelte van die Gilgamesj-epos (ca. 2000 v.C.).

'n Epos (Grieks; meervoud: eposse of epe) of heldedig is 'n uitgebreide, poëtiese relaas oor die avonture van 'n held of soortgelyke figuur. Dit kan ook oor 'n legendariese gebeurtenis handel, soos die Ilias van Homeros.

Twee prominente voorbeelde in Afrikaans is: Raka deur N.P. van Wyk Louw Joernaal van Jorik deur D.J Opperman

Etimologie Die oorsprong van die woord epos lê in die Oudgriekse woord 'ἔπος', épos, wat vertaal kan word as bewering, raad, wens, bevel, voorskrif, gerug, lied, epiese versreël of selfs orakel. Die Griekse woord "ἔπος"; is verwant aan die onvolledige werkwoord 'εἶπον', eîpon, wat vertaal kan word as spreek of sê.

Bronnelys Jan de Vries: Heroic Song and Heroic Legend .

Eksterne skakels

Kategorie:Fiksie