2 November is die 306de dag van die jaar (307de in 'n skrikkeljaar), met nog 59 dae oor.
Gebeure
676 – Pous Donus volg Pous Adeodatus op. 1389 – Pous Bonifatius IX volg Pous Urbanus VI op as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk. 1705 – Lorenzo Ganganelli (Later Pous Clemens XIV) word gedoop. 1843 – Die NG gemeente Richmond gestig as 30ste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. 1889 – Noord- en Suid-Dakota word ingelyf as die 39ste en 40ste state van die VSA. 1912 – Tydens die Eerste Balkanoorlog eindig die veldslag van Lüleburgaz met 'n Bulgaarse oorwinning. 1914 – Rusland verklaar oorlog teen die Ottomaanse Ryk. 1916 – Tydens die Arabiese opstand teen die Ottomaanse Ryk word sjarief Hoessein ibn Ali as koning van Arabië gekroon. 1917 – Sionisme: Die Balfour Verklaring bevestig Britse ondersteuning vir 'n Joodse nedersetting in Palestina. 1919 – In Bautzen word die Lausitzse Volkspartei ("Lausitzer Volkspartei") gestig om die politiese belange van die Sorbiese volk in Duitsland te verteenwoordig. 1920 – Die eerste kommersiële radiostasie KDKA in Pittsburgh, Pennsilvanië saai vir die eerste keer uit. Hierdie eerste uitsending was 'n direkte gevolg van die presidentsverkiesing in die VSA. 1930 – Haile Selassie word as Negus Negeste (konig der konigs = keiser) van Ethiopië gekroon. 1936 – Die Kanadese uitsaaikorporasie word gestig. 1936 – BBC Televisiediens, die oudste televisiestasie in die wêreld, word geopen. duimnael|130px|Spruce Goose, wat groter was as die latere Boeing 747 1947 – Miljardêr-ontwerper Howard Hughes loods Spruce Goose, die grootste vastevlerkvliegtuig wat ooit gebou is, in Kalifornië op sy nooiensvlug in Long Beach, Kalifornië. Die vlug het net agt minute geduur. 1948 – Harry S. Truman verslaan Thomas Dewey in die Amerikaanse presidentsverkiesing. 1960 – Penguin Books word onskuldig bevind aan onwelvoeglikheid in die Lady Chatterley's Lover-saak. 1963 – Die Suid-Viëtnamese President Ngo Dihn Diem word vermoor na 'n militêre staatsgreep. 1976 – Jimmy Carter verslaan Gerald Ford in die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste kandidaat uit die suide van die V.S.A. om president te word na die Amerikaanse Burgeroorlog. 1984 – Doodstraf: Velma Barfield word die eerste vrou sedert 1962 wat die doodstraf opgelê word. duimnael|115px|Kentekens van die Internasionale Ruimtestasie
1986 – Amerikaanse gyselaar David Jacobsen word na 17 maande se aanhouding deur Moslem fundamentaliste in Beiroet vrygelaat. 1991 – Australië klop Engeland in die eindstryd met 12–6 en wen sodoende die tweede Rugbywêreldbeker in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis. 1992 – Galileo Galilei word amptelik deur die Rooms-Katolieke Kerk gerehabiliteer. 1995 – Apartheid: Suid-Afrika se gewese minister van verdediging Generaal Magnus Malan en tien ander weermagoffisiere word in hegtenis geneem en van moord op 13 swart mense in 1987 aangekla. 2000 – Die eerste bemanning betree die Internasionale Ruimtestasie 2001 – Monsters, Inc. word vrygestel met die hoogste kaartjieverkope vir 'n animasiefilm ooit, en die 6de beste van alle films ooit. 2004 – Amerikaanse presidentsverkiesing tussen senator John Kerry en President George W. Bush. 2019 – Die Springbokke klop Engeland in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan met 32–12 en palm vir die derde keer die Webb Ellis-beker in. 2025 – Indië klop Suid-Afrika in die eindstryd met 52 lopies en wen sodoende die 13de Vrouekrieketwêreldbeker in Indië en Sri Lanka.
Geboortes 1082 – Song Huitsong, Chinese keiser, skilder en kalligraaf. 1287 – Nasr, emir van Granada. 1739 – Carl Ditters von Dittersdorf, Oostenrykse komponis († 1799). 1755 – Marie Antoinette, Koningin van Frankryk († 1793). 1795 – James K. Polk, elfde President van die Verenigde State († 1849). 1815 – George Boole, Wiskundige en filosoof († 1864). 1844 – Mehmet V, Sultan van die Ottomaanse Ryk († 1918). 1865 – Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State († 1923). 1880 – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler († 1971). 1885 – Harlow Shapley, Amerikaanse sterrekundige - bepaal in 1918 die Son se posisie in die Melkweg († 1972). 1897 – Dennis King, Engelse rolprentakteur († 1971). 1899 – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer († 1940). 1900 – Carola Neher, Duitse toneelspeler († 1942). 1913 – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur († 1994). 1914 – Ray Walston, Amerikaanse akteur († 2001). 1922 – Jaap Marais, leier van die Afrikanernasionalistiesgesinde Herstigte Nasionale Party († 2000). 1928 – Paul Johnson, Engelse skrywer, joernalis en geskiedkundige († 2023). 1929 – Amar Bose, Amerikaanse akademikus, ingenieur en entrepreneur († 2013). 1932 – Albert Crafford, Afrikaanse skrywer en joernalis († 2001). 1936 – Boet Troskie, Suid-Afrikaanse sakeman en rolprentvervaardiger († 2022). 1946 – Giuseppe Sinopoli, Italiaanse komponis, arts en antropoloog († 2001). 1952 – Larry Fink, Amerikaanse miljardêr-sakeman. 1961 – Sigrid Kaag, Nederlandse politikus. 1961 – K.d. lang, Kanadese pop- en countrysanger-liedjieskrywer. 1965 – Shah Rukh Khan, Indiese akteur. 1965 – Paweł Adamowicz, Poolse politikus († 2019). 1970 – Rodolfo Acosta, Colombiaanse komponis.
Sterftes 1664 – Maria van Riebeeck, vrou van Jan van Riebeeck (* 1629). 1929 – Lydia van Niekerk, eerste Afrikaanse vrou wat 'n professor geword het op Stellenbosch (* 1884). 1950 – George Bernard Shaw, Ierse dramaturg en Nobelpryswenner (* 1856). 1963 – Ngô Đình Diệm, president van Suid-Viëtnam (* 1901). 1966 – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelpryswenner (* 1884). 1975 – Pier Paolo Pasolini, Italiaanse filmregisseur en digter (* 1922). 1986 – Desi Arnaz, Amerikaanse musikant en akteur (* 1917). 1986 – Paul Frees, Amerikaanse stemakteur (* 1920). 1999 – Hans-Joachim Preil, Duitse toneelspeler en verhoogkunstenaar. 2002 – Tonio Selwart, Amerikaanse akteur en Broadwayster, sterf op ouderdom van 106 jaar (* 1896). 2004 – Theo van Gogh, Nederlandse filmmaker en satirikus. 2010 – Rudolf Barsjai, Sowjet- en Russiese dirigent en altviolis. (* 1924). 2016 – Jans Rautenbach, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, filmvervaardiger en regisseur (* 1936). 2024 – Alan Rachins, Amerikanse akteur, skrywer, en regisseur (* 1942).
Vakansiedae en herdenkings Rooms-Katolieke Kerk – Allersiele. Antieke Letland – Dveselu Diena. Rastafarianisme – Die kroning van Haile Selassie word gevier.
Kategorie:November