'n Leenwoord is 'n woord wat vanuit een taal in 'n ander taal opgeneem is. Die woord is dus van 'n ander taal "geleen" eerder as om 'n nuutskepping daarvoor op te maak. Leenwoorde behou soms hulle vreemde spelling as dit in 'n taal opgeneem word. Pas op om nie leenwoorde met leenvertaling (email word vertaal as e-pos) of basterwoorde (samestellings van leenvertalings of verafrikaanste leenwoorde) te verwar nie.
Woorde soos "bakkie", "boomslang" en "apartheid" is voorbeelde van Afrikaanse woorde wat in ander tale as 'n leenwoord opgeneem is.
Engelse leenwoorde word soms in informele Afrikaans gebruik. Voorbeelde hiervan is woorde soos: cool, gross, tissue en nice. Soms word Afrikaanse spelreëls selfs op sulke woorde toegepas, soos cool, cooler, coolste (trappe van vergelyking).
Voorbeelde Leenwoorde uit Engels: Speaker (in die parlement) Whisky Township
Leenwoorde uit Frans: Tantieme (outeursaandeel) déjà vu cliché voilà croissant baguette
Leenwoorde uit Italiaans
lawa scenario solo opera soprano spaghetti pizza pasta lasagne broccoli diva ballerina duo Pistachio casino mafia riviera propaganda paparazzi malaria graffiti cappuccino
Leenwoorde uit Japanees:
sushi origami karate judo tsunami tofu wasabi zen haiku koi Samurai Ninja
Verdere naleeswerk Leenwoorde so nodig soos sout op 'tjips', Die Burger, 29 Februarie 1994
Kategorie:Taalkunde Kategorie:Woordeskat