Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.

Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake, Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel. Jacobsen, Dr. Hans-Adolf: Der zweite Weltkrieg. In: Unser Jahrhundert im Bild. Gütersloh: Prisma 1985, bl. 501

Hierdie globale konflik het die meeste van die wêreld se nasies in twee kampe verdeel: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. As gevolg van die groot skaal waarop die oorlog plaasgevind het, het meer as 60 miljoen mense omgekom, wat beteken dat dié konflik ook die dodelikste in die aangetekende geskiedenis van die mens is. Die oorlog was tot dusver ook die enigste waartydens sowel kernwapens (deur die Verenigde State in Japan) asook biologiese en chemiese wapens (deur Japan in China) gebruik is.

Die Tweede Wêreldoorlog was dan ook die verreikendste oorlog in die geskiedenis en die betrokke lande het saam meer as 100 miljoen militêre personeel gehad wat aan die oorlog deelgeneem het. Totale oorlog het die onderskeiding tussen burgerlike en militêre hulpmiddels tot niet gemaak en was ook die toneel vir een nasie se mobilisering van sy ekonomiese, industriële en wetenskaplike vermoëns tot inspanning van die oorlog. Amper twee derdes van die gestorwenes was siviele burgers. Die Holocaust, wat grotendeels in Oos-Europa plaasgevind het, was verantwoordelik vir die stelselmatige uitmoor van ongeveer ses miljoen Jode en ander sosiale en politieke minderhede (Sinti en Roma, Kommuniste, ens.) deur die Spilmoondhede.

Die konflik het geëindig met 'n oorwinning deur die Geallieerdes. In die nasleep daarvan het die Verenigde State en die Sowjetunie ontwaak as die twee voorste wêreldmoondhede. Selfbeskikking het tot dekolonisasie- en onafhanklikheidsbewegings in Afrika en Asië gelei, terwyl Europa self die pad na integrasie begin loop het.

Agtergrond duimnael|links|250px|Duitsland ná die Eerste Wêreldoorlog. duimnael|links|250px|Uitbreiding van Nazi-Duitsland vanaf 1933. duimnael|links|250px|Die koloniale gebiede in 1936. Die onmiddellike oorsaak van die Tweede Wêreldoorlog word algemeen beskou as die Nazi-Duitse inval van Pole en die Japannese aanvalle op China, die VSA en die Britse en Nederlandse kolonies in Asië. In elkeen van die gevalle was die aanvalle die resultaat van besluite wat deur outoritêre heersende elites in Duitsland en Japan gemaak is. Die Tweede Wêreldoorlog het begin nadat die aggressie met amptelike oorlogsverklarings of gewapende weerstand teëgestaan is.

In Duitsland het die ekonomiese teëspoed wat gevolg het op die Eerste Wêreldoorlog, en die strawwe vredesmaatreëls waarmee dit gepaardgegaan het, dit vir die Nazi-party moontlik gemaak om aan die bewind te kom en 'n nasionalistiese en ekspansionistiese beleid in plek te stel wat sou lei tot die inval van Pole en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.

Japan is in die 1930's grootliks deur 'n militaristiese kliek van Leër en Vloot leiers regeer wat daarop ingestel was om Japan tot 'n koloniale mag te ontwikkel. Hulle doelwit was onder andere om die land se afhanklikheid van die invoer van basiese grondstowwe en olie weens 'n gebrek aan natuurlike hulpbronne te verminder deur direkte beheer oor sodanige hulpbronne elders te verkry.

Japan het Mantsjoerye in 1931 ingeval en China in 1937. Die VSA en die Verenigde Koninkryk het gereageer met lenings en koverte militêre hulpverlening aan China asook die instel van sanksies teen Japan. Die maatreëls sou Japan moontlik tot die onderhandelingstafel gedwing het, maar die Japannese leierskap was oortuig dat die Franse, Nederlandse en Britse regerings meer begaan was oor die oorlog in Europa terwyl die Sowjetunie Japan nie ekonomies of militêr bedreig het nie.

Die leierskap het gevolglik besluit om die Nederlands-Indië, Maleisië en die Filippyne in te val wat bekend sou staan as die "Groot Oos-Asiëoorlog in die Stille Oseaan".

Oorsaak van die oorlog in Europa duimnael|links|250px|Die strydende partye in die Tweede Wêreldoorlog. Duitsland en Frankryk het reeds vir 80 jaar om oorheersing oor kontinentale Europa geworstel en het twee vroeëre oorloë geveg: die Frans-Duitse Oorlog en die Eerste Wêreldoorlog. Intussen het die mag van die Sowjetunie gegroei en gedreig om dié van Duitsland en Frankryk te oorskry soos die nywerheid ook na dié land toe uitgebrei het.

Alhoewel Duitsland die Russe oorspronklik in 1914 oorwin het, het die oorlog in geheel vir Duitsland in besonder rampspoedig geëindig, met miljoene dood, die verlies van gebiede en ekonomiese ontberings. Van die meer omstrede bepalings van die Vrede van Versailles was dat Duitsland en sy bondgenote algehele skuld vir die Eerste Wêreldoorlog moes aanvaar, dat dit aansienlike gebiedstoegewings sou moes maak en skadevergoeding aan die Geallieerdes moes maak.

Die verdrag is reeds so vroeg as 1922 ondermyn en teen die middel-dertigs openlik verontagsaam.

duimnael|250px|Europa tussen 1935 en 1939. In die ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog het Adolf Hitler, die leier van die Nazi-party, die mag in Duitsland oorgeneem na hy die demokratiese regering, die Weimar Republiek, uitgeskakel het. In Mein Kampf, 'n outobiografiese boek geskryf deur Hitler toe hy in die tronk was, noem hy dat hy bedoel het om die lande om Duitsland in te val en te verower en hulle sodoende Duits te maak.

Hy het teen die Kommuniste en etniese minderhede, soos Jode, uitgevaar. Ná hy aan bewind gekom het, het hy Duitsland met 'n grootskaalse program van bewapening voorberei vir nog 'n oorlog. Tydens die Groot Depressie het baie sakeondernemings bankrot gespeel en selfmoordsyfers het gestyg. Hitler en die Italiaanse Benito Mussolini het 'n ekonomiese verbetering belowe, iets wat baie ondersteuners gelok het. 100px|Adolf Hitler100px|Josef Stalin100px|Winston Churchill100px|Franklin D. Roosevelt Kloksgewys van links-bo: Adolf Hitler, Josef Stalin, Franklin D. Roosevelt en Winston Churchill. Tydens die Spaanse Burgeroorlog van 1936 tot 1939 is die Spaanse demokratiese regering, wat grotendeels deur die Sowjetunie en ander lede van die Volkebond ondersteun is, omvergegooi deur 'n fascistiese politieke party onder leiding van Francisco Franco, 'n Nazi-ondersteuner.

In die laat 1930's het Hitler die Verdrag van Versailles verbreek: dié verdrag was verantwoordelik vir die vrede na die Eerste Wêreldoorlog en het vereis dat Duitsland, onder andere, die land sal ontwapen en sy leër beperk tot 100 000 man. Hitler het egter die Rynland hermilitariseer en die Duitse leër, die vloot en die lugmag groter gemaak.

Die Britse en Franse regerings het 'n paaibeleid gevolg in die hoop om 'n nuwe Europese oorlog te vermy: hul bevolkings was steeds vermoeid na die reuse sterfgetalle van die Eerste Wêreldoorlog. Dié beleid het sy klimaks bereik in die München-ooreenkoms in 1938, waardeur die skynbaar onvermydelike uitbreek van die oorlog voorkom is toe die Verenigde Koninkryk en Frankryk ingestem het tot Duitsland se anneksering en onmiddellike besetting van die Duits-sprekende streke van Tsjeggo-Slowakye.

In ruil hiervoor het Hitler sy woord gegee dat Duitsland geen verdere aansprake op gebiede in Europa sou maak nie. Neville Chamberlain se radio-uitsending, 27 September 1938 Churchill, Winston S. The Second World War. (6 volumes). (1948–1953). Neville Chamberlain het verklaar dat die ooreenkoms "vrede vir ons tyd" teenwoordig het. In Maart 1939 het Duitsland egter die res van Tsjeggo-Slowakye ingeval en 'n effektiewe einde aan enige pogings van versoening gemaak.

duimnael|250px|Wjatsjeslaf Molotof onderteken die Molotof-Ribbentrop-verdrag in Moskou. Die mislukking van die München-ooreenkoms het bewys dat Hitler nie betroubaar was wat onderhandelings betref nie en dat sy aspirasies vir oorheersing van Europa verder gestrek het as wat die Verenigde Koninkryk en Frankryk kon duld. Pole en Frankryk het op 19 Mei 1939 amptelik belowe om mekaar van militêre ondersteuning te voorsien, sou een van die lande aangeval word. Die Britte het reeds in Maart van dié jaar hul ondersteuning aan Pole aangebied.

Op 23 Augustus 1939 het Duitsland en die Sowjetunie die Molotof-Ribbentrop-verdrag onderteken. Die verdrag het 'n geheime protokol ingesluit wat Sentraal-Europa in Duitse en Sowjetse areas van belangstelling ingedeel het, insluitende 'n voorwaarde wat Pole opgedeel het. Elke land het die ander beloof dat hy vry sou wees om sy dele te regeer soos hy dit goeddink, selfs al het dit militêre besetting ingesluit.

Die ooreenkoms het voorsiening gemaak vir die verkoop van olie en kos deur die Sowjetunie aan Duitsland; dít het die gevaar van 'n Britse blokkade verminder (so 'n blokkade het veroorsaak dat Duitsland amper uitgehonger het tydens die Eerste Wêreldoorlog). Hitler was bereid om oorlog teen Pole te verklaar en ook teen die Verenigde Koninkryk en Frankryk, indien nodig. Hy het beweer dat daar Duitse griewe was rakende die kwessies omtrent die vrye stad Danzig en die Poolse korridor. In werklikheid was hy egter van plan om alle Poolse gebiede te verower en dit deel van die "Deutsches Reich" te maak.Die naam "Deutsches Reich" (in Afrikaans "Duitse Ryk") was die amptelike benaming van Duitsland van 1871 tot 1945 in die Duitse taal. Die ondertekening van 'n nuwe alliansie tussen die Verenigde Koninkryk en Pole op 25 Augustus het nie sy planne aansienlik verander nie.

Op 1 September 1939 het Duitsland Pole binnegeval, wat veroorsaak het dat Frankryk en die Verenigde Koninkryk oorlog teen Duitsland verklaar het. Die Verenigde Koninkryk het saam met hom die reuse Britse Ryk gebring en die meeste lede van die Britse Statebond het kort daarna by hulle aangesluit.

Oorsaak van die oorlog in Asië duimnael|250px|Japannese troepe marsjeer Shenyang binne tydens die Mukden-insident 1931. Westerse lande het, volgens die beleid van die Verdrag van Versailles, begin om Japan as 'n koloniale moondheid te erken en sommige politieke en militêre leiers het daarop aangedring dat Japan daarop geregtig was om, onder die heerskappy van Keiser Hirohito, Asië te verower en te herenig.

Japan het Mantsjoerye in 1931 ingeval en China in 1937 om sodoende die land se karige stapels natuurlike bronne te vermeerder: Japan het gely aan oorbevolking en wou die land se koloniale ryk uitbrei. Die Japannese het aanvanklike aantogte gemaak, maar was vertraag en tydelik teëgesit in die Slag van Sjanghai. Die stad is egter in Desember 1937 deur die Japannese verower, saam met die destydse hoofstad Nanking (ook gespel "Nanjing").

As gevolg hiervan het die Chinese Nasionaliste-regering hul setel verskuif na Wuhan en daarna na Chongqing tot aan die einde van die oorlog. Verowerde gebiede van China is blootgestel aan wreedaardige besettings, met baie wreedaardige dade teen die Chinese burgers, waaronder die Bloedbad van Nanjing en wydverspreide gebruik van chemiese wapens. Japan en China het nooit amptelik oorlog verklaar nie: beide het gevrees dat 'n oorlogsverklaring Europa en die Verenigde State sou vervreem.

duimnael|links|250px|Die Stille Oseaan in 1939.