Sir James Henry Craig (1748–1812) was 'n Britse generaal en Goewerneur van die Kaap. Craig sluit op 15-jarige ouderdom by die Britse leër aan en veg van 1774 tot 1781 in die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog teen die Verenigde State. Hy was 'n Generaal-majoor wat in 1795 die Kaap die Goeie Hoop vir Brittanje verower het. Van 1795 tot 1797 was hy Goewerneur van die Kaapkolonie. Hy is in 1812 in Londen oorlede.
Sien ook Lys van kommandeurs en goewerneurs van die Kaapkolonie
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika Eric Rosenthal 1967
Kategorie:Britse goewerneurs van die Kaapkolonie Kategorie:Britse militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1748 Kategorie:Sterftes in 1812