Saurischia (van die Griekse σαυρος sauros, "akkedis", en ισχιον ischion, "heupgewrig") is een van twee basiese ordes dinosourusse. Harry Seeley het dinosourusse in 1888 in twee ordes geklassifiseer na aanleiding van hul heupstruktuur,Seeley, H.G. (1888). "On the classification of the fossil animals commonly named Dinosauria." Proceedings of the Royal Society of London, 43: 165-171. hoewel baie paleontoloë Saurischia vandag as ’n klade sonder rang klassifiseer.Weishampel, D.B., Dodson, P., and Osmólska, H. (reds.). (2004). The Dinosauria. 2de uitg.. University of California Press, Berkeley. 833 pp. Souriskiums ("met akkedisheupe") word onderskei van die Ornithischia ("met voëlheupe") deurdat hulle hul voorsate se bene in hul heupe behou het.

Sauropodomorpha en Theropoda val in die orde Saurischia. Ornithischia bestaan uit Ceratopsia en dinosourusse soos Parasaurolophus en Corythosaurus.

Alle vleisetende dinosourusse (die teropodes) is souriskiums, asook een van die twee primêre linies van plantetende dinosourusse, die Sauropodomorpha. Aan die einde van die Kryt-periode het alle souriskiums uitgesterf behalwe voëls. Dit staan bekend as die Kryt-Paleogeen-uitwissing.

Sien ook Sauropoda Theropoda

Verwysings