Matthew David McConaughey (geb. 4 November 1969 in Uvalde, Texas) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het die eerste keer aandag getrek met sy spel in die komedie Dazed and Confused (1993), en het daarna in prente gespeel soos Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation (1994), A Time to Kill (1996) en Steven Spielberg se historiese drama Amistad. In die 2000's het hy in verskeie romantiese dramas gespeel soos The Wedding Planner (2001) en How to Lose a Guy in 10 Days.
Sedert 2010 was hy in ernstiger rolle, soos dié in The Lincoln Lawyer, Bernie, Killer Joe, Mud en The Wolf of Wall Street. In 2013 het hy die rol vertolk van ’n cowboy wat met vigs gediagnoseer word in Dallas Buyers Club. Vir laasgenoemde het hy in 2014 verskeie pryse gewen, onder meer die Golden Globe en Oscar. Hy het ook saam met Woody Harrelson in die TV-speurreeks True Detective gespeel.
Vroeë lewe McConaughey, die jongste van drie seuns, is in Uvalde, Texas, gebore. Sy pa, James Donald McConaughey, was ’n vulstasie-eienaar wat eens vir die NFL Amerikaanse voetbal gespeel hetAll in the Family . Austin Woman Magazine (2012-04-26). Besoek op 2013-08-25. en sy ma, Mary Kathleen "Kay" (geb. McCabe), was ’n kindertuinonderwyseres en skrywer. Sy ouers is verskeie kere geskei en weer met mekaar getroud. Hy het Skotse, Engelse, Ierse, Sweedse en Duitse bloed.
McConaughey het in Longview, Texas, gewoon waar hy op hoërskool was en in die jaarboek as "die aantreklikste leerling" aangewys is. Hy het in 1988 vir ’n jaar in Warnervale in Nieu-Suid-Wallis, Australië, gebly as ’n uitruilstudent. Daarna het hy aan die Universiteit van Texas studeer, waar hy in 1993 ’n BA-graad behaal het in radio-en-TV-rolprente.Degrees and Dates of Attendance: McConaughey, Matthew D.. University of Texas at Austin
Loopbaan 1991–2000 McConaughey het in 1991 begin toneelspeel en in verskeie TV-advertensies verskyn voordat hy in Richard Linklater se rolprent Dazed and Confused verskyn het. Dit het goeie resensies gekry. Ná ’n paar kleiner rolle in Angels in the Outfield, Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation en Boys on the Side, het hy sy deurbraak gemaak as die regsgeleerde Jake Brigance in die 1996-prent A Time to Kill, wat gebaseer was op die John Grisham-roman met dieselfde naam. Laat in die 1990's het McConaughey hoofrolle vertolk in onder meer Contact, Amistad, The Newton Boys, EDtv en U-571.
2001–2011 duimnael|links|175px|McConaughey by die première van Dallas Buyers Club op Toronto se internasionale rolprentfees. Teen die vroeë 2000's het hy dikwels romantiese rolle vertolk in prente soos The Wedding Planner en How to Lose a Guy in 10 Days. Albei dié prente was ’n sukses by die loket. Hy het in dié tyd ook gespeel in Tiptoes, Two for the Money en Frailty.
In 2005 het hy saam met Penélope Cruz in die prent Sahara gespeel en in dieselfde jaar is hy aangewys as die tydskrif People se "Sexyste man in die wêreld"."2005 Sexiest Man of the Year" . People. Besoek op 19 Mei 2008.
In 2006 was hy saam met Sarah Jessica Parker in die romantiese komedie Failure to Launch, asook in We Are Marshall. Hy het Owen Wilson vervang in Ben Stiller se Tropic Thunder ná Wilson se selfmoordpoging.
Vanaf 2012 duimnael|150px|McConaughey en sy vrou, Camilla Alves, in 2010. Nadat hy vir ’n rukkie nie toneelgespeel het nie, het McConaughey in kleiner, onafhanklike prente meer uitdagende rolle vertolk en groot lof daarvoor gekry. In 2012 het hy teenoor Channing Tatum gespeel in Magic Mike, wat gebaseer is op Tatum se vroeë lewe. Die regisseur was Steven Soderbergh. Daarna het hy saam met Shirley MacLaine in die prent Bernie gespeel. In Junie 2012 is McConaughey genooi om by die Academy of Motion Picture Arts and Sciences aan te sluit.
In 2013 het hy die rol van Ron Woodroof gespeel in die prent Dallas Buyers Club. Die prent het groot lof gekry en McConaughey het verskeie pryse daarvoor gekry, onder meer ’n Golden Globe en Oscar. Hy moes meer as 17 kg vir die rol verloor.
McConaughey speel saam met Woody Harrelson in die 2014-TV-reeks True Detective. Vroeg in 2013 is dit bevestig dat hy die hoofrol speel in Christopher Nolan se wetenskapsfiksieprent Interstellar, wat in November 2014 uitgereik was.
Sommige resensente noem sy terugkeer na prente en sy aanvaarding van meer ingewikkelde rolle die "McConaissance".
Persoonlike lewe McConaughey het die Brasiliaanse model en TV-persoonlikheid Camila Alves in 2006 ontmoet. Hulle is op 9 Junie 2012 in Austin, Texas, getroud en woon steeds daar. Hulle het saam drie kinders, Levi, Vida en Livingston.
Filmografie Rolprente Jaar Titel Rol Notas1993 My Boyfriend's Back Man #2 Dazed and Confused David Wooderson1994 Angels in the Outfield Ben Williams Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation Vilmer Slaughter1995 Boys on the Side Offisier Abe Lincoln Glory Daze1996 A Time to Kill Jake Tyler Brigance MTV Movie Award vir beste nuwe talent Lone Star Buddy Deeds Larger than Life Tip Tucker1997 Amistad Roger Sherman Baldwin Contact Palmer Joss 1998 Making Sandwiches Bud Hoagie Kortprent The Newton Boys Willis Newton 1999 EDtv Ed "Eddie" Pekurny 2000 U-571 Lt. Andrew Tyler 2001 The Wedding Planner Steve "Eddie" Edison2002 Reign of Fire Denton Van Zan Thirteen Conversations About One Thing Troy Florida Film Critics Circle Award vir beste span Frailty "Fenton/Adam Meiks"2003 Tiptoes Steven Bedalia How To Lose a Guy In 10 Days Benjamin Barry2005 Two for the Money Brandon Lang Sahara Dirk PittMagnificent Desolation: Walking on the Moon 3D Al Bean Stem2006 We Are Marshall Jack Lengyel Failure to Launch Tripp2008 Fool's Gold Ben "Finn" Finnegan Tropic Thunder Rick Peck Surfer, Dude Steve Addington 2009 Ghosts of Girlfriends Past Connor Mead2011The Lincoln Lawyer Mickey Haller Bernie Danny Buck Davidson Austin Film Critics Association-ereprysCentral Ohio Film Critics Association-prysNational Society of Film Critics Award – beste byspelerNew York Film Critics Circle Award vir beste byspeler2012 Killer Joe Killer Joe Cooper Austin Film Critics Association-ereprysCentral Ohio Film Critics Association-prysSaturn-prys The Paperboy Ward James Austin Film Critics Association-ereprysCentral Ohio Film Critics Association-prys Mud Mud Central Ohio Film Critics Association-prysOklahoma Film Critics Circle-prysPremios días de cine-prys Magic Mike Dallas Austin Film Critics Association-ereprysCentral Ohio Film Critics Association-prysIndependent Spirit-prys vir beste byspelerNational Society of Film Critics-prys vir beste byspelerNew York Film Critics Circle-prys vir beste byspeler2013 Dallas Buyers Club Ron Woodroof Oscar vir beste akteurAlliance of Women Film Journalists-prysBroadcast Film Critics Association-prysCentral Ohio Film Critics Association-prysDallas–Fort Worth Film Critics Association-prysDenver Film Critics Society-prysDetroit Film Critics Society-prysDorian-prysPalm Springs International Film Festival-prysGolden Globe-prysGotham-prysHollywood Film Festival-prysIndependent Spirit-prysLas Vegas Film Critics Society-prysNevada Film Critics Society-prysOklahoma Film Critics Circle-prysPhoenix Film Critics Society-prysRome Film Festival-prysSatellite-prysScreen Actors Guild-prysSoutheastern Film Critics Association-prysVerskeie benoemings The Wolf of Wall Street Mark Hanna Central Ohio Film Critics Association-prysOklahoma Film Critics Circle-prys 2014 Interstellar Cooper
Televisie Jaar Titel Rol Notas 1992 Unsolved Mysteries Larry Dickens Episode #5.12 1999 King of the Hill Rad Thidbodeaux StemEpisode: The Wedding of Bobby Hill 2000 Sex and the City Homself Episode: "Escape from New York" 2010–2012 Eastbound & Down Roy McDaniel / Texas Scout 3 episodes 2014 True Detective Rustin "Rust" Cohle 8 episodesUitvoerende vervaardiger
Verwysings
Eksterne skakels 2008-onderhoud met Bullz-Eye.com
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu