Kronberg im Taunus (voor 17 Oktober 1933 gespel as Cronberg) is 'n klein stad en kuuroord in die administratiewe distrik Hochtaunuskreis van die Duitse deelstaat Hesse. Sy naam is afgelei van die kasteel Kronberg wat tussen 1220 en 1704 as setel van die ridders van Kronberg gedien het. Die kasteel is, net soos die historiese middestad met vakwerkhuise, 'n gewilde toeristeaantreklikheid, onder meer vanweë sy ligging op 'n rotsplato van waar besoekers 'n uitsig oor die Ryn-Mainvlakte het, en twee musea wat die geskiedenis van stad en kasteel behandel.Markus Berger: Freizeitführer Südhessen. Gudensberg-Gleichen: Wartberg 2013, bl. 119-122
Kronberg is naby Frankfurt am Main teen die suidelike helling van die Taunus-bergreeks geleë en word, naas die hoë koopkrag van sy inwoners (met 'n indeks van 179 is dit in vergelyking met die gemiddelde van Duitsland - 100 persent - die derde welvarendste nedersetting in die land na sy buurstad Königstein im Taunus en Starnberg in BeiereZeit Online, 2 Februarie 2016: Keine Idylle, nirgends. Besoek op 23 Oktober 2017), deur nou straatjies met historiese vakwerkboukuns in sy historiese middestad asook 19de eeuse en moderne somerhuise en villa's in welgestelde woongebiede in die buitewyke gekenmerk. Kronberg im Taunus word administratief onderverdeel in drie stadsdele - Kronberg, Schönberg en Oberhöchstadt.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|links|Een van die Keltiese ringwalle op die bergpiek Altkönig. Slegs die fondamente van die muur het bewaar gebly Argeologiese vondse in die gebied werp lig op die vroeë geskiedenis van die omgewing van Kronberg. Op die bergpiek Altkönig, met 798 m bo seevlak die hoogste punt in die stadsgebied, word Keltiese ringwalle uit die vroeë La Tène-tydperk (omstreeks 400 v.C.) aangetref. In die Karolingiese periode was daar reeds Frankiese versterkings op die bergpiek Hünerberg waarvan 'n ringwal bewaar gebly het.
Die eerste gedokumenteerde verwysing na die gebied, wat op 24 Augustus 782 gedateer is en die Heichsteter marca (tans Nieder- en Oberhöchstadt) noem, kom in die Lorsch-kodeks (Latyns: Codex Laureshamensis) voor, 'n Latynse manuskrip wat tussen 1170 en 1195 in die Ryksabdy Lorsch saamgestel is.
Middeleeue Omstreeks 1220 (sommige bronne gee die laat 12de eeu as ontstaantyd) het die "Ridders van Askenburne" (tans Eschborn) met die bou van die Kronberg-kasteel begin. Die oudste deel van die gebou was 'n vyfhoekige toring waarvan slegs bouvalle bewaar gebly het. duimnael|links|Die tuin van die Kronberg-kasteel Hierdie adellike familie, wat in Eschborn in 'n houtkasteel gesetel was en in die keiser se diens gestaan het, het hulle vervolgens in twee linies verdeel. Die eerste linie, wat hulle in Kronberg gevestig en hul naam van die plek afgelei het, was die Kronenstamm. Die tweede linie, die Flügelstamm ("Vleuelstam") wat op 8 Oktober 1617 met Johann Eberhard uitgesterf het, het eers omstreeks 1250 na Kronberg gekom. Die naam von Eschborn verskyn vervolgens nie meer in oorkondes nie.
Die eerste verwysing na die nuwe naam kom in 'n oorkonde van 1230 voor waarin Otto von Kronberg genoem word. Vir die klein nedersetting, wat aan die voet van die kasteel in 'n vallei geleë is en waar bediendes en ambagsmanne gevestig is, het dkeiser Lodewyk die Beier aan die Here Hartmut en Walther van Kronberg op 25 April 1330 beperkte stadsregte verleen (waaruit onder Meer die reg voortgespruit het om die nedersetting deur 'n stadsmuur te beskerm). Keiser Karel IV het aan Ulrich die Rooie van Kronberg op 31 Maart 1367 ook die markreg verleen. Verder kon hy die reg in Kronberg toepas.
Die oorspronklike kasteelvallei, soos aanvanklik na die nedersetting verwys is, is in die volgende eeu uitgebrei en deur stadsmure beskerm. Teen die middel van die 15de eeu het die stadsgebied voorlopig sy grootste omvang aangeneem. Dit is vervolgens tot in die middel van die 19de eeu nie meer uitgebrei nie.
Bewind van die Here van Kronberg duimnael|Die Slag van Eschborn in 1389. Skildery deur 'n onbekende kunstenaar, laat 14de eeu In 1389 het geskille tussen Kronberg en die stad Frankfurt, die sogenaamde Kronberger Fehde ("Kronbergse Vete"), hul hoogtepunt in die sogenaamde Slag van Eschborn gevind. Die Here van Kronberg het verskeie kere aanvalle op Frankfurtse gebied geloods.
Toe Frankfurtse magte in Mei 1389 in rigting Kronberg beweeg het, het die Kronbergers reeds 'n alliansie met die paltsgraaf Ruprecht gesmee. Ruprecht het met sy troepe militêre bystand aan Kronberg verleen, en so is die Frankfurters op 14 Mei in 'n veldslag verslaan. Meer as 600 Frankfurters, waaronder adellike raadslede, is gevange geneem en eers ná betaling van 'n losprys van 73 000 gulden weer vrygelaat - destyds 'n ongelooflike bedrag wat Frankfurt oor 'n tydperk van 120 jaar moes afbetaal.
Die Here van Kronberg het nog tot en met 1704, toe hul dinastie met die dood van Johann Nicolaus von Kronberg in die manlike linie uitgesterf het, oor Kronberg geregeer.
Godsdienstige verdeeldheid duimnael|Muurskilderye en reliëfs in die Evangelies-Lutherse stadskerk van Kronberg, St. Johann Vanaf die vroeë 16de eeu is die lot van die Kronberg-dinastie deur godsdienstige verdeeldheid oorskadu. Hartmut XII von Kronberg, 'n vroeë aanhanger van die Protestantse Hervorming, het aan Franz von Sickingen se kant aan die sogenaamde ridderoorlog teen die aartsbiskop van Trier deelgeneem. In 1522 is Kronberg deur vyandelike troepe beleër. Hartmut het ná sy kapitulasie op die vlug geslaan.
Kronberg het vervolgens onder die bewind van die landgraaf Philipp von Hessen gekom wat in 1526 in sy gebiede, dus ook in Kronberg, die Protestantse geloof ingevoer het. Die Here van Kronberg se bewind oor hul ryksleen is in 1541 herstel nadat die aanneming van die Lutherse geloof in 'n ooreenkoms bevestig is.
Enkele lede van die Kronberg-dinastie het egter aan hul Rooms-Katolieke geloof vasgehou. Graaf Kraft Adolf Otto van Kronberg, wat tussen 1650 en 1692 geregeer het, het die ontstaan en groei van 'n Katolieke gemeente in Kronberg aktief bevorder.
Bewind van die Keurvorstedom Mainz duimnael|Die Streitkirche of omstrede kerk wat nooit ingewy is nie. Dit het sedertdien onder meer as apteek en kroeg gedien en huisves tans 'n uitstalling wat an die Kronbergse kunstenaarskolonie gewy is Met die afsterwe van die laaste Heer van Kronberg het die stad onder die gesag van die Rooms-Katolieke aartsbisdom en keurvorstedom Mainz geval. Politieke geskille tussen invloedryke kringe van die Lutherse stadsbevolking aan die een en die keurvors en aartsbiskop met sy amptenare aan die ander kant was nou aan die orde van die dag. Dikwels het die Kronbergers vermeende godsdienstige onderdrukking as rede vir hul optrede aangevoer.
Konflikte het egter eerder uit 'n botsing van politieke belange voortgespruit. Die Kronbergers het oor die eeue heen gewend geraak aan 'n bewind waar persoonlike betrekkinge 'n sentrale rol by die vaslegging van regte en pligte gespeel het. Nou is hulle skielik gekonfronteer met 'n moderne, meer abstrakte regeringsvorm en administrasie.
Een van die langdurigste konflikte het uit die bou van die sogenaamde Streitkirche voortgespruit, 'n omstrede projek wat in 1737 begin en in 1739 voltooi, maar daarna nooit ingewy is nie en in 1767 vir goed tot 'n wêreldlike gebou verklaar is.
Naas oorloë, waartydens die stad deur troepebewegings, die gedwonge tydelike huisvesting van soldate (veral tydens die Napoleontiese Oorloë) en plunderinge swaar geraak is, is Kronberg in die 18de eeu ook verskeie kere deur verwoestende brandrampe getref, so in 1726, 1780 en 1792. Skuldlaste uit die laat 18de en vroeë 19de eeu is eers in 1890 volledig afbetaal.
'n Omstrede kerkprojek duimnael|Die klagte, wat Lutherse burgers in 1738 teen die keurvorstedom Mainz ingedien het, word tans in Kronberg se kasteelmuseum vertoon duimnael|Die Rooms-Katolieke parogiekerk St. Peter und Paul, soos gesien vanuit die kasteeltuin, met die Mainvlakte en Frankfurt op die agtergrond Volgens die bepalinge van die Vrede van Wesfale van 1648 was Kronberg 'n Evangelies-Lutherse stad. Nogtans het hier 'n Rooms-Katolieke gemeente tot stand gekom wat sy misse in die kasteelkapel van die Here van Kronberg gehou het.
Toe die keurvors en aartsbiskop van Mainz die bewind oor Kronberg oorgeneem het, het hy in 1737 die opdrag vir 'n nuwe Rooms-Katolieke kerkgebou in die openbare ruimte gegee. Protestante en Katolieke het in dié tyd vreedsaam saamgeleef, en die Lutherse Kronbergers het hul steun vir die kerkprojek toegesê.
'n Geskil oor die projek het eers in Maart 1738 uitgebreek. Sommige gemeentelede was gekant teen gelyke regte en finansiële steun vir Katolieke gelowiges. Die Lutherse landgraaf van Hesse-Darmstadt is uitgenooi om by die saak betrokke te raak, en besware is ingedien by die Corpus Evangelicorum, 'n liggaam wat aan die Ryksdag in Regensburg verbonde was om godsdienstige aangeleenthede te reël.
Die keurvorstedom Mainz het self grondige ondersoek in die saak ingestel en bevind dat die protes teen beweerde religieuse onderdrukking en die bou van 'n Katolieke kerk slegs deur 'n minderheid Kronbergse inwoners gesteun is. Nogtans was die projek in stryd met die bepalinge van 1648. Die geskil het so ook elders aandag getrek. Die Pruisiese koning het by die keurvors van Mainz daarop aangedring dat die kerkgebou afgebreek moet word. In Desember 1738 het ook die Corpus Evangelicorum ten ongunste van die keurvors en aartsbiskop uitspraak gedoen.
Die nuwe kerkgebou was byna voltooi toe die boubedrywighede in Junie 1739 gestaak is. Onderhandelinge oor die sloping van die gebou het dekades lank voortgeduur. In 1767 het die regering in Mainz die omstrede kerk in 'n wêreldlike gebou omgeskep, maar die bestaan van 'n Katolieke parogie en die toekenning van gelyke regte vir Katolieke gelowiges in die stadsraad en die howe bevestig. Sommige burgers het nog eens besware ingedien, dog die Corpus Evangelicorum was in 1771 tevrede met die heersende toestande en het 'n beroep op Kronbergse burgers gedoen om gehoorsaam te wees aan die keurvorstelike regering. Die Katolieke gemeente het nog tot en met 1871 in die kasteelkapel vergader wat daarna weens bouvalligheid gesluit is. Ses jaar later is die Rooms-Katolieke parogiekerk St. Peter und Paul in Katharinenstraße ingewy.
Bewind van Nassau duimnael|Die Lutherse stadskerk St. Johann Saam met die einde van die Heilige Romeinse Ryk is ook alle geestelike vorstedomme deur Napoléon ontbind. Kronberg het vervolgens in 1802 onder die gesag van Nassau-Usingen en vier jaar later onder die gesag van die hertogdom Nassau geval.
Tydens die Nassauiese bewind het Kronberg sy Middeleeuse stadsbeeld verloor. Die versterkings is afgebreek, met uitsondering van die Eikepoort (Eichentor) en dele van die stadsmuur. In 1855 is 'n nuwe pad na Königstein gebou wat tans as Königsteiner Straße bekendstaan.
Kronberg het in dié periode begin uitbrei. In een van die valleie, die Krontal, is 'n spabedryf gevestig, terwyl Frankfurtse skilders hier een van die vroegste kunstenaarskolonies in Duitsland gestig het. Met die romantiese ontdekking van die Taunus het Kronberg 'n gewilde bestemming vir uitstappies en vroeë staptoerisme geword.
Die gebeure rondom die Maartrewolusie van 1848 en die eerste verkose demokratiese parlement in Duitsland, wat in dieselfde jaar in Frankfurt vergader het, het ook na Kronberg uitgestraal. Op 1 Januarie 1849 het munisipale hervormings in Nassau in werking getree waarvolgens munisipaliteite die reg op volle selfregering met 'n verkose burgemeester en stads- of dorpsraad verkry het.
Kronberg se kunstenaarskolonie duimnael|Blick von Cronberg über die MainebeneAlfred Schönberger (1845-na 1909) duimnael|links|200px|Anton Burger (1824-1905): Selfportret