duimnael|regs|160px|Ds. P.C. Malan, leraar van 1966 tot 1970.
Die NG gemeente Vanderbijlpark-Wes is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1952 as die tweede gemeente op die dorp Vanderbijlpark. Tussen 1949 en 1975 is altesaam sewe NG gemeentes hier gestig wat die dorp se naam as deel van die gemeentenaam gebruik. Die kerkgebou is geleë op die hoek van McColm Boulevard en Stephensonstraat, Vanderbijlpark. In 2013 was die leraar ds. H.J. Niemand. Daar was in daardie jaar 56 doop- en 379 belydende lidmate.
Enkele leraars Pieter Cillié Malan, 1966 - 1970 Hendrik Jacobus (Cobus) Niemand, ? – 2016
Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Eksterne skakel Die gemeente se kerkgebou soos te sien op Google Maps.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika