regs|duimnael|170px|Ds. F.P.P. Myburgh, die moedergemeente se leraar van 1955 tot 1956, het met Florida-Suid se afstigting in laasgenoemde jaar hierheen oorgekom.
duimnael|links|320px|Die NG kerk Florida-Suid. Op die hoeksteen staan dit is gelê op 28 Augustus 1971 deur "die gemeente".
duimnael|regs|170px|Ds. J.T. Jordaan, leraar van 1962 tot 1965.
Die NG gemeente Florida-Suid is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1956. Die kerkgebou is geleë by Agtstelaan 6, Florida, Gauteng. In 2014 was die leraar ds. D.H. Botha. Daar was einde 2013 31 doop- en 225 belydende lidmate. Einde 2014 het dit afgeneem tot 26 en 187.
Enkele leraars Francois Petrus Panter Myburgh, 1956 – 1962 Johannes Theodoris Jordaan, 1962 – 1965 M.A. Bergh 1965-1971 J.P. Jordaan 1971-1992. Emeriteer op 22 November 1992 weens gesondheidsreds, en sterf op Maandag 19 Januarie 1993 in die ouderdom van 58 jaar. S.J. de Jager 1982-1985 S.J. de Jager 1993-1997 D.H. Botha, 14 Desember 1998 –hede (pastorale hulp)
Bron Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Eksterne skakels Die kerkgebou, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 19 September 2015.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika