duimnael|regs|230px|Die NG kerk Drie Riviere.

Die NG gemeente Drie Riviere is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1951. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Bashee- en Umgenistraat, Vereeniging. In 2013 was die leraar ds. J.D. Scott. Daar was in daardie jaar 148 doop- en 748 belydende lidmate. In die NG Jaarboek van 2021 was die syfers 81 en 701.

Leraars Ds. J.J. (Hannes) van As Dr Rossouw Ds. J.D. Scott Kapelaan C.J. Krige

Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika