duimnael|regs|170px|Ds. J.A. Claassens, die leraar van 1962 tot 1967.

Die NG gemeente Delareyville-Oos is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is in 1962 gestig. Die kerkgebou is geleë by Proteastraat 44, Delareyville. In 2015 was die leraarsamp steeds ná enkele jare vakant. In 2013 was hier 67 doop- en 284 belydende lidmate, maar dié syfers is nie bygewerk vir die uitgawes van die NG Kerk se Jaarboek van 2016 tot 2021 nie.

Enkele leraars Jacob Abraham Claassens, 1962 – 1967 C.J. Schoeman, 6 Desember 2020 – hede

Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika