Die NG gemeente Coligny-Oos is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).

Die gemeente is in 1968 gestig. Die kerkgebou is geleë by Eeufeeslaan 22, Coligny. Die huidige (2021) leraar is ds. M.H. Pieters. In 2013 was hier 59 doop- en 278 belydende lidmate, maar in 2015 onderskeidelik 58 en 279. In die uitgawe van 2021 was dit steeds 58 en 279.

Enkele leraars Jacobus Marthinus Gerber, 1985 – 1994 (aanvaar sy emeritaat) Otto Heinrich (Heinrich) Grosskopf, 1994 - 2004 Mattheus Hendriks (Tewie) Pieters, 2013 – hede

Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika