Die silwerblaarmelkpruim (Englerophytum natalense) is 'n klein tot middelgroot boom wat in Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe voorkom. In Suid-Afrika groei die boom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die boom groei hoofsaaklik onder die kruin van die woud of in beboste klowe. Die jonger blare is met donkerbruin hare bedek terwyl die ouer blare silwer is aan die onderkant met 'n spits-lopende blaarpunt. Die boom se FSA-nommer is 582.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika natalense Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zimbabwe