Die vals-wag-'n-bietjie (Ziziphus rivularis) is 'n struik tot middelgroot boom wat in Suid-Afrika op klipperige plekke en langs waterlope in die Lebomboberge voorkom. Die spesie is ook inheems in Eswatini en Mosambiek. Die boom lyk baie soos die blinkblaar-wag-'n-bietjie maar het geen dorings nie.
Die plant se FSA-nommer is 448.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die plant as die False buffalo-thorn bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Ziziphus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika