Geslagsorgane is die organe van mense, diere, plante en ander organismes wat vir voortplanting verantwoordelik is. Baie soogdiere het sigbare geslagsdele: By die mens is dit die penis en skrotum by die man en die vulva by die vrou. Onsigbare geslagsorgane is die prostaat by die man en die vagina, eierstokke en baarmoeder by die vrou. Die sigbare dele word ook skaamdele genoem omdat hulle in baie kulture (bv. die Westerse kultuur) die voorwerp van skaamte is.

Voëls, reptiele en amfibieë het ’n polivalente kloaak. Ook plante het geslagsorgane, soos die manlike meeldrade en die vroulike stamper.

In die geslagsorgane word geslagselle en geslagshormone vervaardig. In die algemeen het manlike organismes net manlike geslagsorgane en vroulike organismes net vroulike organe, maar die onderskeid tussen die geslagte is nie altyd so absoluut nie: Baie diere is byvoorbeeld hermafrodiet (tweeslagtig). In die planteryk is daar 'n geleidelike ontwikkeling van die manlike en vroulike voortplantingsorgane. Skimmels en wiere vorm manlike en vroulike geslagselle deur deling van eensellige organe, te wete die vroulike oögonia en die manlike anteridia.

By varings en saadplante word verskillende soorte spore gevorm: groot, vroulike megaspore, waaruit die eiersel later ontwikkel, en klein, manlike mikrospore, wat vir die bevrugting van die eiersel verantwoordelik is. By bedeksadige plante word afsonderlike blomme vir die manlike en vir die vroulike geslagsorgane (onderskeidelik meeldrade en stampers) gevorm. By diere kan 'n onderskeid gemaak word tussen die werklike geslagskliere (gonades) en die afvoerbuis wat van hierdie kliere na buite lei.

Daarbenewens is die bou van die geslagsorgane in die geval van baie hoër dierspesies aangepas vir die paringsfunksie. In geslagskliere ontstaan die geslagselle (gamete) en die geslagshormone. Hierdie geslagshormone bepaal in groot mate die ontwikkeling van die sekondêre geslagskenmerke, die groei en die funksie van die geslagsorgane, asook die voortplantingsgedrag. Die vroulike geslagsorgane skei die hormoon estrogeen en progesteroon af, terwyl die manlike geslagskliere testosteroon afskei.

Geslagsorgane van die plant duimnael|240px|Die sade van 'n Albizia lebbeck-boom. Geslagtelike voortplanting is net moontlik as twee geslagselle, ʼn manlike en 'n vroulike, met mekaar kan saamsmelt. Hoewel eensellige organismes nou en dan ook geslagtelik kan voortplant, word geslagselle of geslagsorgane nooit by hierdie groepe plante aangetref nie. Die meeste skimmels plant ongeslagtelik voort met behulp van spore. Soms word manlike plusselle en vroulike minusselle egter gevorm. Hierdie manlike en vroulike selle kan egter nie uiterlik van mekaar onderskei word nie. Dat daar wei 'n fisiologiese verskil tussen die selsoorte is, kan 'n mens aflei daaruit dat twee selle van dieselfde plant nooit saamsmelt nie. Samesmelting vind altyd tussen 'n plus en 'n minussel plaas. Omdat 'n mens nie hier werklik twee geslagte kan onderskei nie, word gepraat van relatiewe seksualiteit. duimnael|Die ontwikkeling van vrugte in die Indiese lotus.

Manlike organe Die hoër skimmels en die wiere (afdeling Phycophyta) het eensellige geslagsorgane: manlike anteridia (enkelvoud anteridium), wat baie vryswemmende saadselle vorm, en vroulike oögonia (enkelvoud oögonium), wat elk ʼn groot, onbeweeglike eiersel bevat. Manlike en vroulike organe kan op hierdie plante afsonderlik of in groepies voorkom. By die bruinwiere lê hulle in bolvormige uitstulpings (konseptakula) van die tallus (weefsels van die laer plante). Die saadselle swem met behulp van twee of meer sweephare na die vroulike organe (as daar genoeg water aanwesig is) en bevrug dan die eiersel.

'n Oöspoor of sigoot word so gevorm. Mosse (Bryophyta), varing (Pteridophyta) en saadplante (Spermatophyta) het almal meersellige voortplantingsorgane, wat duidelik van die ander liggaamsweefsel onderskei kan word. Mosplantjies vorm in 'n sekere stadium flesvormige vroulike organe (argegonia, enkelvoud argegonium) wat 'n eiersel bevat, asook bolvormige manlike organe (anteridia). 'n Groot aantal spermatosoïede ontstaan vanweë reduksiedeling in die anteridia.

Elke spermatosoïed het twee sweep hare. Wanneer die eiersel ryp is, begin die selle in die "nek" van die argegonium verslym. Hierdie slym bevat rietsuiker, wat die saadselle stimuleer. Die saadselle swem met behulp van hul sweephare na die argegonia en bevrug die eiersel. Uit die bevrugte eiersel ontwikkel ʼn gesteelde spoorkapsel, wat op die mosplantjie bly sit. Die spoorkapsel bestaan uit diploïede selle en die mosplantjie uit haloïede selle: dit verteenwoordig die geslagtelike generasie. Die geslagsorgane van varings stem baie met die van mosse ooreen. Hulle word egter op baie klein protallia (enkelvoud protallium) gevorm. Die protallia is hartvormige, groen weefselplaatjies wat uit die spore ontstaan.

Die manlike anteridia is koepelvormig en die vroulike argegonia is, net soos die van die mosse, flesvormig. Albei is op die protallium geleë. Die spermatosoïede het trilhare waarmee hulle na die eiersel kan swem. Die spermatosoïede word aangetrek deur appelsuur wat deur die argegoniumselle afgeskei word as die eiersel ryp is. Saadplante vorm 'n groot aantal saadselle, maar hierdie saadselle besit geen sweep- of trilhare waarmee hulle na die eiersel kan beweeg nie. Hulle moet deur die wind of deur diere na die vroulike organe gebring word.

Die naaksadiges (Gymnospermae) het geen egte blomme nie, Kelk- en kroonblare, meeldrade en stampers is dus nie teenwoordig nie. Die manlike organe bestaan uit stuifmeeldrade wat aan die onderkant twee stuifmeelsakkies dra. Die stuifmeeldrade is om 'n sentrale spil gerangskik, sodat die bloeiwyse soos die van ʼn keël lyk. Die stuifmeel word deur die wind voortgedra. Dikwels is daar net manlike keëls op 'n plant, terwyl die vroulike keëls op 'n ander plant geleë is.

Die mees gedifferensieerde plante is die bedeksadiges (Angiospermae). Hierdie plante het blomme waarin die geslagsorgane voorkom: manlike meeldrade en vroulike stampers. Die meeldrade is opgebou uit 'n helmdraad, 'n helmknop, wat die helftes verbind. Binne-in die helmknop is vier stuifmeelsakkies, waarin die stuifmeel deur reduksiedeling gevorm word. Die vorm en die aantal meeldrade wissel tussen plantfamilies. By sommige soorte is daar onvrugbare meeldrade of meeldrade wat tot ander organe omgevorm is (staminodiums), aanwesig.

Die meeldrade van baie, veral spesiaal gekweekte, plante is tot kroonblare omgevorm, waaruit die sogenaamde dubbelblomme ontstaan het. In sommige gevalle is die differensiasie tussen manlik en vroulik so ver gevorder dat daar in een blom slegs meeldrade voorkom (eenslagtige blom). Dikwels kom hierdie blomme saam met vroulike blomme (wat slegs stampers besit) op dieselfde plant voor (eenhuisige plant), maar in baie gevalle is die skeiding tussen die twee geslagte volledig en dra een plant slegs manlike blomme of slegs vroulike blomme (tweehuisige blomme),

Vroulike organe Die flesvormige argegonium van die mosse bestaan uit 'n groot eiersel, 'n buikkanaalsel en 'n paar nekkanaalselle, Wanneer die eiersel ryp is, verslym die nekkanaalselle sodat die spermatosoïede nou die eiersel kan bereik. Die argegonia van varing plante stem baie met die van die mosplante ooreen, hoewel die bou daarvan in die verskillende klasse ietwat van mekaar verskil. Die watervarings (subklas Hydropterides) vorm geen protallium soos die anteridia en argegonia nie, maar twee verskillende protallia: een met slegs manlike organe en 'n ander met slegs vroulike organe. Daarbenewens ontwikkel die protallia nie afsonderlik van die spore soos in die geval van die ander varings nie, maar binne-in die spoorkapsel.

duimnael|240px|Die Indiese lotus. Hier is die geslagtelike fase dus van die ongeslagtelike fase afhanklik – presies die omgekeerde van die situasie by die mosse. By saadplante is die geslagtelike fase nog meer afhanklik van die ongeslagtelike fase: die haploïede geslag is tot die stuifmeel en die saadknoppe gereduseer. By naaksadiges bestaan die vroulike organe uit vrugskubbe waarop een of twee saadknoppe voorkom. Die vrugskubbe is om 'n sentrale as gerangskik, die kenmerkende keëlvormige bloeiwyse van denne en ander naaksadiges.

Die vroulike keelskubbe verhout of word vlesig, soos byvoorbeeld die jenewerbessie, Juniperus communis. In vogtige weer sluit die skubbe sodat die sade beskerm kan word, Die saadknop bestaan uit 'n saadknopkern (nusellus) wat omring is deur 'n eiervlies (integument) waarin 'n porie, die mikropilum, voorkom. Deur hierdie porie dring die stuifmeelkorrel na binne. Die nusellusweefsel vorm 'n embriosakmoedersel, waaruit vier haploïede selle deur reduksiedeling ontstaan.

Die onderste sel ontwikkellater in die embriosak, terwyl die ander drie selle verdwyn. In die embriosak (kiemsak) word twee of meer flesvormige orgaantjies wat elk 'n eiersel bevat, gevorm. Daarbenewens ontwikkel die kiemwit (endosperm) ook uit 'n deel van die embriosak. In teenstelling met blomplante word die kiemwit reeds voor bevrugting hier gevorm. Die vroulike orgaan van blomplante is die stamper. Daar kan een of meer stampers in 'n blom wees. Die stamper bestaan uit 'n vrugbeginsel, 'n lang of kort styl en een of meer stem pels.

Die stempels skei ʼn klewerige stof af waaraan die stuifmeelkorrels vaskleef wanneer hulle op die stempel val. Die vrugbeginsel word gevorm uit 'n aantal vrugblare wat inmekaargroei. In die vrugbeginsel (ovarium) is een of meer saadlyste (plasenta) met saadknoppe. Die saadknoppe kan regop staan (ortotropiese saadknop), hang (anatropiese saadknop) of effens gebuig wees (kampilotropiese saadknop). Net soos in die geval van naaksadiges, het hierdie saadknoppe porieë waarlangs die stuifmeelbuis die eiersel kan bereik. Ook hier bevat die saadknopkern nusellusweefsel waaruit 'n embriosak en daarna vier haploïede selle ontwikkel. Een hiervan vorm later die embriosak, terwyl die ander drie verdwyn.

Die kern van die embriosak verdeel herhaaldelik en agt kerne ontstaan uiteindelik, waarvan een die egte eierkern word. Hier is daar egter geen flesvormige organe soos by naaksadiges nie. Die bevrugting van die eierkern word deur een van die twee generatiewe kerne van die stuifmeelkorrel moontlik gemaak. Die ander generatiewe kern vorm saam met twee van die oorblywende sewe kerne (die poolkerne) die kiemwit (endosperm).

Geslagsorgane van die dier Net meersellige diere het egte geslagsorgane. Eenselliges kan deur seldeling of konjugasie (die versmelting van twee selle), gevolg deur seldeling, voortplant. 'n Hele aantal ongewerwelde diere het geen spesifieke geslagsorgane nie. By hierdie diere funksioneer die uitskeidingsorgane ook as die afvoerkanaal vir voortplantingsprodukte, Trilhaarwurms (klas Turbellaria) het egter ware geslagsorgane.

By primitiewe spesies van hierdie wurms ontwikkel geslagselle op willekeurige plekke in die liggaamselle tot bevrugte eierselle wat deur die liggaamswand uitgeskei word. By die meer ontwikkelde spesies van hierdie wurms ontwikkel die geslagselle op bepaalde plekke in die liggaam en word dan via afvoerkanale na buite gelei. Sekere inkvisse (klas Cephalopoda) sonder een van hul tentakels af om die sperma te vervoer en so te versprei. Alle ander ongewerwelde diere het geslagsorgane wat duidelik onderskei kan word.

Hoewel hermafroditisme (tweeslagtigheid) ʼn algemene verskynsel by ongewerwelde diere is, is heelparty eenslagtig (gonochoristies). Hermafrodiete produseer tegeIykertyd eierselle en saadselle, Selfbevrugting vind egter selde plaas, Bevrugting vind gewoonlik oor en weer plaas. Partenogenese (voortplanting sonder bevrugting) is by baie ongewerwelde diere 'n normale verskynsel.

Manlike geslagsorgane