12 Maart is die 71ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (72ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 294 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|400px|1999 – Tsjeggië, Hongarye en Pole sluit by die NAVO aan 515 v.C. – Bouwerk aan die Tempel in Jerusalem word voltooi. 1088 – Pous Urbanus II volg Pous Victor III op. 1144 – Pous Lucius II volg Pous Celestinus II op. 1178 – Pous Alexander III keer na Rome terug na sy tweede ballingskap. 1239 – Pous Gregorius IX ekskommunikeer keiser Frederik II vir die tweede keer. 1272 – Tebaldo Visconti (na 27 Maart Pous Gregorius X) tot priester gewy. 1278 – Pous Nicolaas III maak sy nefie Latino 'n kardinaal. 1278 – Pous Nicolaas III maak Girolamo Masci d'Ascoli (later Pous Nicolaas IV kardinaal-priester van Sint Prassede. 1403 – Die konsilie van Constance set Teenpous Benedictus XIII af en ekskommunikeer hom. 1443 – Pous Eugenius IV stel Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) aan as vise-camerlengo. 1488 – Bartolomeus Dias rig 'n kalksteenkruis op by Kwaaihoek. 1565 – Pous Pius IV stel nog 23 kardinale aan waaronder Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII). 1612 – Alessandro Ludovisi (later Pous Gregorius XV) word aartsbiskop van Bologna. 1622 – Pous Gregorius XV verklaar Teresa van Avila, Francis Xavier, Ignatius van Loyola, Philip Neri en Isodore die Werker, heilig. 1622 – Pous Gregorius XV publiseer sy bul Decet Romanorum pontificem oor pouslike verkiesings. 1652 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Salvatore in Lauro. 1664 – New Jersey word 'n kolonie van Groot-Brittanje. 1699 – Pous Innocentius XII publiseer die brief Com Alias teen kwiëtisme. 1894 – Coca-Cola vir die eerste keer in bottels verkoop. 1912 – Die Girl Guides (later hernoem as die Girl Scouts in die VSA) word gestig in die VSA. 1913 – Canberra word die hoofstad van Australië. 1928 – In Kalifornië breek die St. Francis-dam en 400 sterf. 1930 – Mahatma Gandhi lei 'n 200-myl protesmars na die see ten spyte van die Brittanje se teenkanting, om te protesteer teen die Britse monopolie op sout. 1933 – Groot Depressie: Franklin D. Roosevelt spreek die nasie toe vir die eerste keer as President van die Verenigde State. 1938 – Anschluss: Duitse troepe beset Oostenryk; anneksasie word die volgende dag verklaar. 1940 – Winteroorlog: Finland teken 'n vredesverdrag met die Sowjetunie. Finse troepe en die oorblywende bevolking word onmiddellik ontruim. 1947 – Die Truman Doctrine is verklaar om die verspreiding van Kommunisme te keer. 1951 – Die Dennis the Menace tekenprent verskyn die eerste keer in koerante oor die VSA. 1968 – Mauritius verkry onafhanklikheid. 1987 – Les Misérables open in Broadway. 1992 – Mauritius word 'n republiek maar bly 'n lid van die Britse Statebond. 1993 – Verskeie bomme ontplof in Mumbai, Indië, en ongeveer 300 mense sterf, en verskeie meer word verwond. 1993 – Noord-Korea kernwapenprogram: Noord-Korea sê dat hulle beplan om te onttrek van die Nuclear Nonproliferation Treaty en weier om inspekteurs toegang te gee na kernterreine. 1994 – 'n Foto van Marmaduke Wetherell, voorheen beskou as 'bewys' van die bestaan van die Loch Ness-monster, bevestig as 'n poets. 1997 – Mikail Markhasev word gearresteer in Los Angeles vir die skiet van Bill Cosby se 27-jare-oue seun, Ennis Cosby. 1999 – Voormalige lede van die Warskouverdrag Tsjeggië, Hongarye en Pole sluit by die NAVO aan. 2002 – In Texas word Andrea Yates skuldig bevind van die verdrinking van haar vyf kinders op 20 Junie 2001. Sy word later tot lewenslange tronkstraf veroordeel. 2003 – Zoran Djindjic, Eerste Minister van Serwië, word om die lewe gebring in Belgrado. 2006 – Suid-Afrika teken op die Wanderers in Johannesburg die wêreldrekord vir die hoogste suksesvolle EDI-lopiejaagtog aan, nadat hulle 438/9 behaal in antwoord op Australië se 434/4. Dié wedstryd word as een van die beste EDIs ooit beskou.

Geboortes 1607 – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere († 1676). 1685 – George Berkeley, Ierse filosoof († 1753). 1710 – Thomas Arne, Engelse komponis († 1778). 1823 – Katsu Kaishū, Japannese staatsman, vlootingenieur en militêre bevelvoerder († 1899). 1863 – Gabriele D'Annunzio, digter, († 1938). 1871 – Sen. F.S. Malan, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 1941). 1879 – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur († 1937). 1881 – Kemal Atatürk, stigter en eerste president van die Turkse Republiek († 1938). 1888 – Hans Knappertsbusch, Duitse dirigent († 1965). 1890 – Vaslav Nijinsky, Russiese ballet-danser († 1950). 1921 – Gordon MacRae, sanger, akteur († 1986). 1922 – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer († 1969). 1923 – Walter M. Schirra, Amerikaanse ruimtevaarder († 2007). 1928 – Edward Albee, Amerikaanse dramaturg († 2016). 1941 – Hercules von Molendorff, rugby- en krieketspeler van die Boland († 2006). 1946 – Liza Minnelli, sanger en aktrise. 1947 – Mitt Romney, Amerikaanse sakeman, politikus en voormalige goewerneur. 1947 – Rupert Frazer, Britse akteur. 1961 – Marianne Thamm, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en komediant. 1968 – Aaron Eckhart, Amerikaanse akteur. 1972 – Arno Carstens, Suid-Afrikaanse internasionale sanger en liedjieskrywer. 1985 – Pieter Howes, Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en joernalis. († 2019). 1990 – Karla Pretorius, 'n Suid-Afrikaanse netbalspeler.

Sterftes 417 – Pous Innocentius I, die 40ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* datum onbekend). 604 – Pous Gregorius I, die 64ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±540). 1507 – Kardinaal Cesare Borgia, seun van Pous Alexander VI (* 1475). 1619 – Richard Burbage, Engelse verhoogakteur en teater-eienaar (* 1567). 1820 – Sir Alexander Mackenzie, Skotse pelshandelaar en ontdekkingsreisiger (* 1764).

1937 – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis (* 1858). 1942 – Robert Bosch, Duitse nyweraar, ingenieur en uitvinder (* 1861). 1945 – Anne Frank, Joodse dagboekskrywer in Nederland (* 1929). 1945 – Friedrich Fromm, Duitse generaal (* 1888). 1946 – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus (* 1897). 1955 – Charlie Parker, Amerikaanse jazz saxofoonspeler (* 1920). 1985 – Eugene Ormandy, (Jena Belö) dirigent, violis (* 1899). 1992 – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1927). 1999 – Sir Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis (* 1916). 2001 – Robert Ludlum, Amerikaanse outeur van rillerromans en speurverhale (* 1927). 2011 – Hubert du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1922). 2015 – Terry Pratchett, Britse outeur (* 1948). 2021 – Koning Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloenasie van 1968–2021 (* 1948). 2021 – Ferdi Hartzenberg, Suid-Afrikaanse politikus en laaste leier van die Konserwatiewe Party (* 1936). 2021 – Noxolo Maqashalala, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1977).

Vakansiedae Antieke Letland – Gregoru Diena word gevier Mauritius – Nasionale dag Swede – Naamdag vir Victoria, kroonprinses van Swede, 'n amptelike vlagdag. Feesdag van Pous Innocentius I in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Maart