duimnael|260px|Die HMS Sussex (96)

Die HMS Sussex was 'n County-klas swaarkruiser van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy is gebou onderhewig aan die Washingtonooreenkoms; dit het waterverplasing en slaankrag beperk. Hierdie klas kruiser was ontwerp om die handelsroetes te beskerm en het 'n groot brandstofvoorraad gedra.

Tegniese besonderhede Hy het 9 730 ton water verplaas en sy stoomturbines van gesamentlik 80 000 dryfasperdekrag het 'n topspoed van 32,5 knope verseker. Hy was toegerus met agt 8-duim kanonne, agt 4-duim lugafweerkanonne en agt 21-duim torpedobuise.

Bron

The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975.

Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog