Jan Serfontein (gebore in Port Elizabeth op 15 April 1993) is 'n Springbokrugbyspeler wat senter vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby speel.

Hy maak sy buiging vir die Springbokke teen Italië op 8 Junie 2013 te Kings Park-stadion in Durban, waar hy as plaasvervanger vir Bryan Habana opdraf in die 71ste minuut van die wedstryd. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Eksterne skakels Bulls profiel SA rugby profiel itsrugby.co.uk profiel IRR profiel

Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners