duimnael|250px|Die Xenophontos-klooster. duimnael|250px|Die nuwe hoofkerk.
Die Xenophontos-klooster (Grieks: Μονή Ξενοφώντος) is ’n Oosters-Ortodokse klooster aan die weskus van Berg Athos in Griekeland. Dit is 16de in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan sint Joris. Daar is tans sowat 55 monnike.
Die klooster is in die 10de of 11de eeu gebou. Dit het elf kapelle binne en ses buite. Die biblioteek bevat sowat 300 manuskripte en 4 000 gedrukte boeke.
Galery
Sien ook Berg Athos
Eksterne skakels
Xenophontos op Berg Athos se webtuiste Griekse departement van kultuur: Xenofontos 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Berg Athos