duimnael|300px|’n MMA-geveg in Vancouver, Kanada. duimnael|300px|Deelnemers stoei op die grond.

MMA (mixed martial arts in Engels, oftewel gemengde vegkuns in Afrikaans), is ’n vollekontak-vegsport wat ’n kombinasie is van onder andere boks, karate, judo, stoei en jiu-jitsu. Vuishoue, skoppe, gooie en bindingstegnieke word toegelaat en die geveg vind regopstaande plaas sowel as lêend op die krytvloer.

Hoewel die gevegte in ’n kryt plaasvind wat omring is deur ’n heining, moet dit onderskei word van ongereguleerde hokgevegte (cage fighting) wat nie ’n erkende, georganiseerde sport is nie.

Geskiedenis Die sport word vergelyk met die antieke sport pankration wat sedert 648 v.C. by die Olimpiese Spele beoefen is, aangesien die sport ’n kombinasie van boks en stoei is.

In moderne tye het atlete van die verskillende vegkunste soos boks, stoei en karate dikwels hul vaardigheid teen mekaar getoets in kompetisies, maar dit was met die vestiging van die UFC in 1993 in Amerika dat die georganiseerde sport gevestig is soos dit vandag beoefen word.

Die reëls Sedert 2009 het die Amerikaanse organisasie in beheer van bokskommissies (The Association of Boxing Commissions, ABC) en MMA standaardreëls opgestel. Hierdie reëls word algemeen aanvaar as die wêreldstandaard deur die meeste MMA-organisasies, insluitend die 19 lande wat tot die Internasionale Federasie vir Gemengde Vegkuns (IMMAF) behoort.

Oorwinning ’n Oorwinning kan behaal word op die volgende maniere: Die meeste punte toegeken deur die beoordelaars ná die voorgeskrewe aantal rondtes As die wedstryd beëindig word deur die skeidsregter (gewoonlik as ’n deelnemer hom nie langer kan verdedig nie) of deur die toernooidokter (as gevolg van ’n besering) ’n Oorgawe (submissie), aangedui deur met die hand te tik op die liggaam van die opponent of op die krytvloer, of mondelinge submissie Die ingooi van die handdoek deur die vegter se hoekbeampte ’n Uitklophou Ten einde ernstige beserings te verminder, is skeidsregters gemagtig om ’n oorwinning te verklaar sodra die teenstander homself weens ’n reeks houe nie meer kan verdedig nie of as die teenstander in ’n greep vasgevang is wat tot ’n ernstige besering kan lei, byvoorbeeld ’n gebreekte arm.

Vuilspel Enige van die volgende aksies word gestraf: ’n Skop of kniehou teen die teenstander se kop as hy op die vloer is Trap op ’n teenstander op die krytvloer ’n Skop met die hak teen ’n teenstander se niere Gooi van ’n teenstander kop of nek eerste teen die krytvloer Gooi van ’n teenstander uit die kryt Vashou van ’n teenstander se klere ’n Stamp met die kop Liesaanvalle van enige aard ’n Vinger in enige opening of in enige sny of wond Manupilasie van vingers of tone Houe aan die ruggraat of die agterkant van die kop Houe afwaarts met die punt van die elmboog ’n Hou teen die keel van enige aard, insluitend, sonder beperkings, die gryp van die lugpyp Krap, knyp of draai van die vlees Oogkrappery van enige aard Byt Hare trek Vishaak (d.w.s. vingers in die neusgate) Gryp van die sleutelbeen Spoeg op ’n opponent Onaanvaarbare gedrag wat ’n teenstander beseer Vashou aan die kryt se toue of heining Beledigende taal in die kryt ’n Aanval op ’n teenstander wat onder die sorg van die skeidsregter is ’n Aanval op ’n teenstander gedurende die rustyd ’n Aanval op ’n teenstander nadat die klok gelui het Doelbewuste verontagsaming van die skeidsregter Vreesbevangendheid, insluitend sonder beperkings, kontakvermyding deur ’n teenstander, die opsetlike verloor van die mondskerm of vervalste beserings Inmenging gedurende die geveg deur lede van die vegter se hulpspan

Gewigsklasse Kapokgewig 57–61 kg Veergewig 61–66 kg Liggewig 66–70 kg Weltergewig 70–77 kg Middelgewig 77–84 kg Ligswaargewig 84–93 kg Swaargewig 93–120 kg Superswaargewig Meer as 120 kg

MMA in Suid-Afrika MMA is ’n erkende nasionale amateur- en professionele sport in Suid-Afrika onder die beskerming van MASA (Martial Arts and Games Committee of South Africa), wat op sy beurt deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASCOC) onderskryf word.

EFC Africa Die belangrikste promotor sedert 2009 vir professionele MMA in Suid-Afrika is EFC Africa (Extreme Fighting Championship) met meer as 100 gekontrakteerde vegters en agt jaarlikse kampioenskappe.

EFC Africa-kampioene Veergewig Vegter Toernooi Datum van titelgeveg Demarte "The Wolf" Pena EFC Africa 10 1 September 2011 Wentzel "The Animal" Nel EFC Africa 03 8 Mei 2010 Leo "King" Gloss EFC Africa 01 12 Nov 2009

Liggewig Vegter Toernooi Datum Costa Ioannou EFC Africa 08 14 April 2011 Wentzel Nel EFC Africa 03 8 Mei 2010

Weltergewig Vegter Toernooi Datum Michiel Opperman EFC Africa 16 19 Oktober 2012 Jadyson Costa EFC Africa 13 13 April 2012 Dallas Jakobi EFC Africa 10 1 September 2011 Adam Speechly EFC Africa 08 14 April 2011

Middelgewig Vegter Toernooi Datum Jeremy Smith EFC Africa 12 2 Maart 2012 Garreth "Soldier Boy" McLellan EFC Africa 08 14 April 2011

Verwysings

Eksterne skakels

EFC Africa MASA IMMAF

Kategorie:Vegkuns