Charles Picqué (* 1 November 1948 in Etterbeek) is 'n Belgiese politikus van die Franssprekende Sosialistiese Party (Parti Socialiste, PS).
Picqué is in die gewestelike verkiesings van 2009 as eerste minister van die Brusselse Hoofstedelike Gewes verkies, 'n amp wat hy reeds in drie vorige termyne (1989–1995, 1995–1999 en 2004–2009) beklee het. Daarnaas het hy ook as burgemeester van Saint-Gilles/Sint-Gillis, 'n munisipaliteit in die Brusselse Hoofstedelike Gewes, as provinsiale raad van die voormalige provinsie Brabant en as federale minister en minister van die Franssprekende Gemeenskap van België gedien.
Kategorie:Belgiese burgemeesters Kategorie:Belgiese ministers Kategorie:Brusselse politici Kategorie:Waalse politici Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense