Die USS Alabama was 'n slagskip van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Tegniese besonderhede Die skip het 38 000 ton water verplaas en was toegerus met nege 16-duim kanonne. Hy het ook oor twintig 5-duim meerdoelige kanonne beskik. Die skip was aangedryf deur turbines wat 130 000 dryfasperdekrag gelewer het en 'n kruisspoed van 28 knope verseker het.
Klas Die Alabama was in die South Dakota klas, die tweede generasie slagskepe van die Amerikaanse herbewapeningsprogram voor die Tweede Wêreldoorlog. Dié klas was ietwat korter as hul voorgangers maar beter gepantser. 'n Unieke kenmerk van die skip was die groot aantal lugafweerkanonne op die bowerk.
Bron
The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975.
Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog