Martigny (Duits: Martinach, Latyns: Octodurum of "Die Agt Poorte") is 'n munisipaliteit (commune) en nedersetting in die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: Wallis) en die administratiewe setel van die gelyknamige distrik.

Die dorp is naby 'n rivierkronkel van die Rhône en by die kruispunt van die belangrike Groot St. Bernardpas- en Simplon-roetes geleë. Volgens sy bevolkingtal is Martigny die vierde grootste nedersetting in die kanton na Sion (Duits: Sitten), Monthey en Sierre (Siders).

Kategorie:Nedersettings in Switserland