24 Maart is die 83ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (84ste in skrikkeljare). Daar volg nog 282 dae in die res van die jaar

Gebeure 1084 – Teenpous Clemens III word gekroon in die Lateraanse Basiliek. 1160 – Pous Alexander III ekskommunikeer keiser Frederik I Barbarossa en Teenpous Victor IV (Octavianus). 1518 – Pous Leo X stel Albrecht von Brandenburg, aartsbiskop van Magdeburg, aan as kardinaal. 1568 – Pous Pius V stel nog vier kardinale aan waaronder Antonio Carafa. 1603 – Koning James I word die eerste Britse monarg om gelyktydig in Skotland, Engeland en Ierland te heers. 1698 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word nuntius vir Portugal. 1729 – Pous Benedictus XIII verklaar Fidelis van Sigmaringen (Mark Rey) salig. 1734 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Pompeio Aldrovandi, titulêr patriarch van Jerusalem. 1868 – Metropolitan Life Insurance Company word gestig. 1878 – Die Britse Vloot-fregat Eurydice sink, 300 sterf. 1882 – Robert Koch kondig die ontdekking van bakterieë aan wat verantwoordelik is vir tuberkulose (mycobacterium tuberculosis). 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Gevangene Geallieerde soldate begin die groot ontsnapping (Engels: Great Escape), toe hulle uit die Stalag Luft III, krygsgevangenekamp wat deur die Luftwaffe bedryf is, ontsnap. 1976 – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep. 1986 – Die Hungaroring huisves sy eerste Formule Een Grand Prixwedren. 1989 – Die tenkskip Exxon Valdez stort meer as 11 miljoen gelling olie in die Prince Williamsont, Alaska, wat 'n groot omgewingsramp tot gevolg het. 1993 – Die komeet Shoemaker-Levy 9 word in 'n wentelbaan om Jupiter ontdek. 1999 – 24 mense sterf in die Mont Blanc-tonnel toe 'n Belgiese vragmotor aan die brand slaan. 2001 – Apple Inc. stel Mac OS X weergawe 10.0 vry. 2008 – Bhoetan word amptelik 'n demokrasie, met sy eerste algemene verkiesing. 2015 – 'n Germanwings Airbus A320, vlug 9525, met 144 passasiers en ses bemanningslede aan boord stort in moeilik toeganklike terrein in die Franse Alpe neer.

Geboortes 1607 – Michiel de Ruyter, Nederlandse admiraal († 1676). 1855 – Olive Schreiner, Suid-Afrikaanse skrywer, pasifis, feminis en intellektuele († 1920). 1874 – Harry Houdini, Amerikaanse toorkunstenaar († 1926). 1884 – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelpryswenner († 1966). 1887 – Roscoe Arbuckle, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer († 1933). 1910 – Sailor Malan, Suid-Afrikaanse vegvlieënier († 1963). 1929 – Christo Coetzee, Suid-Afrikaanse skilder († 12 November 2000). 1930 – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur († 1980). 1944 – R. Lee Ermey, Amerikaanse akteur († 2018). 1949 – H.P. van Coller, professor in Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat, letterkundige, redakteur en digter. 1951 – Tommy Hilfiger, mode-ontwerper. 1961 – Yanis Varoufakis, Griekse ekonoom en politikus. 1962 – Francois Loots, Suid-Afrikaanse skrywer. 1965 – Oliver Widmer, Switserse bas-bariton operasanger. 1970 – Lara Flynn Boyle, Amerikaanse aktrise. 1973 – Jim Parsons, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1974 – Alyson Hannigan, Amerikaanse aktrise. 1975 – Thomas Johansson, Sweedse tennisspeler. 1976 – Peyton Manning, Amerikaanse NFL-ster. 1982 – Fourie du Preez, Suid-Afrikaanse rugbyspeler, oud-Springbok. 1986 – Nathalia Dill, Brasiliaanse aktrise. 1997 – Julián Quiñones, sokkerspeler van die Meksikaanse nasionale span.

Sterftes 1455 – Pous Nicolaas V, die 208ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk en die eerste Renaissance-pous (* 1397). 1603 – Koningin Elizabeth I van Engeland (* 1533) 1866 – Jean-Baptist David, professor in Nederlands en geskiedenis aan die Katolieke Universiteit Leuven (* 1801). 1869 – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal (* 1779). 1882 – Henry Wadsworth Longfellow, Amerikaanse digter (* 1807). 1905 – Jules Verne, Franse skrywer van wetenskapsfiksie (* 1828). 1976 – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk (* 1887). 1993 – John Hersey, Amerikaanse outeur en joernalis (* 1914). 2000 – Bles Bridges, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947). 2007 – Florentine Rost van Tonningen, voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland (* 1914). 2010 – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur (* 1915). 2016 – Johan Cruijff, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter (* 1947). 2020 – Albert Uderzo, Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix (* 1927). 2021 – Jessica Walter, Amerikaanse aktrise. (* 1941). 2023 – Gordon Moore, Amerikaanse sakeman en mede-stigter van Intel (* 1929).

Vakansiedae Argaïese Litaue – Kazimiras Diena Wêreld-tuberkulosedag Voetwassingdonderdag in Westelike Christendom (2005)

Kategorie:Maart