Die Pharos Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands of die Prisma groot woordenboek Afrikaans en NederlandsAmptelike skryfwyse van die uitgewer. is 'n verklarende en vertalende woordeboek. Die woordeboek vergelyk Afrikaans en Nederlands.

Die Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands is die eerste woordeboek in die wêreld wat twee op mekaar gelykende tale amalgameer. Afrikaans is amper Nederlands NOS, 23 April 2011, geraadpleeg op 4 Desember 2011 Die woordeboek bestaan uit net een deel, waarin woorde uit beide tale deur mekaar - maar wel in alfabetiese volgorde - beskryf en vertaal word. Die woordeboek word ook ANNA genoem.ANNA is 'n akroniem vir Afrikaans-Nederlands-Nederlands-Afrikaans, omdat alle Afrikaanse en Nederlandse woorde deur mekaar gelys is.

Inisiatief Op 9 April 1998 het Harry Brinkman, erevoorsitter van die Stigting ZASM (wat voortspruit uit die Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij), professor Willy Martin van die Vrije Universiteit Amsterdam benader met die idee 'n Afrikaans-Nederlandse woordeboek te skryf. Die projek het in 1999 begin en is deur ses universiteite ondersteun:

20px|border Katolieke Universiteit Leuven 20px|border Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit 20px|border Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus 20px|border Universiteit Stellenbosch 20px|border Universiteit van Hasselt 20px|border Vrije Universiteit Amsterdam

Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke

Verwysings

Kategorie:Woordeboeke van Afrikaans Kategorie:Woordeboeke van Nederlands