SuperSport-park, so genoem weens borgskapredes, is 'n internasionale krieketstadion in Centurion, aan die suidekant van Pretoria, Suid-Afrika. Dit het voorheen "Centurion Park" geheet, en is gebou vir die Noord-Transvaalse Krieketunie nadat Bereapark in die middestad van Pretoria te beknop geraak en in onbruik geval het.
"SuperSport-park" is die tuisveld van die Titane, voorheen bekend as Noord-Transvaal. Die stadion kan 'n totaal van 22 000 toeskouers huisves. Die eerste kriekettoets hier is op 16 November 1995 teen Engeland gespeel, waartydens 'n inheemse riviervaderlandswilg aangeplant is om die geleentheid te vier. SuperSport-park is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde gebruik, tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 vir twee en tydens die Kampioenetrofee 2009 vir agt, waaronder die eindstryd.
Internasionale inligting
Eerste toetswedstryd: 16 November 1995: t
Laaste toetswedstryd: 26–30 Desember 2020: t
Eerste internasionale eendagwedstryd: 11 Desember 1992: t
Laaste internasionale eendagwedstryd: 26 November 2021: t
Eerste internasionale T20-wedstryd: 29 Maart 2009: t
Laaste internasionale T20-wedstryd: 16 April 2021: t
Wedstryde Krieketwêreldbeker 2003
Vrouekrieketwêreldbeker 2005
Kampioenetrofee 2009
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels SuperSport-park op ESPNcricinfo
Kategorie:Centurion Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Kampioenetrofeestadions Kategorie:Krieketstadions in Suid-Afrika Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Sport in Pretoria Kategorie:Vrouekrieketwêreldbekerstadions