duimnael|links|Gebruik van die Arabiese alfabet: Die Arabiese alfabet (Arabies: الأبجدية العربية, al-abdschadiyya al-ʿarabiyya) is een van die mees verspreide skryfstelsels ter wêreld en word onder meer in die tale Arabies, Hausa, Koerdies, Oerdoe, Oeigoers, Pasjtoe, Persies en Sindhi gebruik. Vroeër het die Kaapse Maleiers ook Afrikaans in die Arabiese alfabet geskryf; sien Arabies-Afrikaans. Die alfabet bestaan uit 28 letters en word vanaf regs tot links geskryf.
Sien ook Geskiedenis van die alfabet
Eksterne skakels
Kategorie:Arabies Kategorie:Abjads