Staurakios of Stauracius (Grieks: Σταυράκιος; oorl. 11 Januarie 812) was die Bisantynse keiser van 26 Julie tot 2 Oktober 811. Hy het sy pa, Nikephoros I Logothetes, opgevolg wat in ’n oorlog teen die Bulgare by die Slag van Pliska dood is. Staurakios se bewind is kortgeknip deur ’n ernstige wond wat hy in dieselfde veldslag opgedoen het en sy swaer, Michael I Rangabe, het hom gedwing om in ’n klooster af te tree, waar hy kort daarna dood is.
Bron Theophanes, Chronographia. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 775 Kategorie:Sterftes in 812