Jimmy in Pienk is 'n Afrikaanse rolprent wat op 16 Augustus 2013 in teaters begin draai. Die komedie is in 2012 in en om Kaapstad verfilm.
Storielyn Jimmy (Louw Venter) is 'n stoere mielieboer wat na sy pa se dood uitvind dat die familieplaas bankrot is en dat sy pa twee geldwolwe geld skuld. Nou moet Jimmy opdok.
Hy probeer geld leen by sy vervreemde gay oom Frederik (Gys de Villiers), wat die eienaar is van ’n reeks suksesvolle haarsalonne in Kaapstad. Maar sy oom koester ’n wrok teen die familie en eis dat Jimmy eers aan die TV-realiteitsprogram The Next Super Stylist deelneem. Eers dán sal hy help. Jimmy is desperaat en só verander ’n boer oornag in ’n metroman.
Hoofrolspelers Louw Venter Terence Bridgett Tinarie van Wyk-Loots Gys de Villiers Gérard Rudolf David Isaacs Shaleen Surtie-Richards Michelle Scott Garth Collins
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings http://www.facebook.com/JimmyInPienk http://www.dieburger.com/Vermaak/Nuus/Boer-word-metroman-in-nuwe-komiese-fliek-20121108 http://kyknet.dstv.com/2012/08/10/bravo-9-aug-2012-tinarie-van-wyk-loots/ http://www.lightanddarkfilms.com/sites/default/files/JIP_Article_ScreenAfrica_Jan2013.pdf
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente