Die Ooskus-ghieliemientjie (Barbus toppini) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika van Malawi tot by die Mkuzerivier in KwaZulu-Natal. Die vis kom ook voor in die Ruaharivier in Tanzanië. In Engels staan die vis bekend as East coast barb.
Voorkoms Die vis is deurskynend olyfkleurig aan die bokant, die sye is silwer en die onderkant is wit. Daar is 'n onreëlmatige swart streep vanaf die punt van die snoet tot by die basis van die stertvin. Die streep is breër en duideliker by die mannetjies. Die vis het 'n klein bek met 'n paar baarde om en word tot 40 mm lank.
Habitat Die vis leef in vlak panne en strome met baie plantegroei in. Hulle vreet klein waterorganismes en broei in die somer.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel Barbus toppini by FishBase
Kategorie:Beenvisse