Singapoer (Chinees: 新加坡, pinyin: Xīnjiāpō; Engels: Singapore, [ˈsɪŋɡəpɔːr], ; Maleis: Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர், Ciṅkappūr), amptelik die Republiek Singapoer (Chinees: 新加坡共和国, pinyin: Xīnjiāpō Gònghéguó; Engels: Republic of Singapore; Maleis: Republik Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர் குடியரசு, Ciṅkappūr Kuṭiyaracu), is die kleinste en digbevolkste land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 719 vierkante kilometer en 'n bevolking van 6 miljoen in 2024. Singapoer is 'n eiland- en stadstaat wat behalwe vir die hoofeiland Singapoer uit 63 kleiner eilande bestaan. Met sy strategiese ligging het Singapoer reeds vir die Britte as 'n belangrike seehawe gedien waarvandaan hulle die Straat van Malakka kon oorheers.
duimnael|links|Kaart van Singapoer duimnael|links|Moderne argitektuur in Singapoer se middestad Toe Singapoer-eiland in 1819 danksy sir Thomas Stamford Raffles onder Britse bewind kom, het sy bevolking slegs 150 mense beloop. Nogtans was Singapura (letterlik "Die Leeustad") reeds in die 14de eeu 'n beduidende nedersetting wat as gevolg van die oorloë tussen die koninkryke Majapahit (Java, Indonesië) en Siam (die huidige Thailand) verniel is. Die moderne Singapoer het volgens 'n plan ontstaan wat deur sir Thomas Raffles persoonlik ontwerp is. Die stad het tot die jaar 1959 'n Britse besitting gebly en daarna volgens 'n ooreenkoms 'n selfregerende stad geword. Singapoer het in 1963 by die Federasie Maleisië aangesluit, maar etniese en ander geskille het tot die afskeiding van Maleisië gelei, sodat Singapoer in 1965 'n onafhanklike republiek geword het. Die stad word vandag as een van die merkwaardigste ekonomiese en industriële suksesse beskou. Stonehouse, Dr. Bernard (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. Londen: Guild Publishing 1985, bl. 93 Singapoer se ekonomie, wat naas die nywerheidsektor op sy seehawe en vryehandel steun, is steeds op die wêreldmark gemik. Dit is 'n moderne stad met wolkekrabbers in sy sentrum en die digbevolkste land in Suidoos-Asië wat met sy besige seehawe tot die logistieke en handelsentrum van die streek ontwikkel het.
Die fenomenale ekonomiese groei van Singapoer was steeds aan die outoritêre bewind van die People's Action Party (PAP) gekoppel wat volgens sy beleid van 'n sosialistiese markekonomie 'n moderne welvaartstaat geskep het. Maar as gevolg van Singapoer se verkiesingswette is die parlement al dekades lank deur die People's Action Party oorheers en het ook in die verkiesing van 6 Mei 2006 weer 'n oorweldigende meerderheid van 82 setels in die parlement behaal, teenoor slegs een setel elk vir die twee opposisiepartye Workers' Party en Singapore Democratic Alliance. Der Fischer Weltalmanach 2007, bl. 441 Singapoer se strafwette, waarvolgens die doodstraf onder meer vir die onwettige besit van bepaalde hoeveelhede dwelmmiddels outomaties opgelê word, word veral deur Westerse regerings en organisasies gekritiseer. In verhouding tot sy bevolking is sedert 1991 die hoogste aantal teregstellings in Singapoer aangeteken. Amnesty International: Singapore – The death penalty: A hidden toll of executions
Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese Han-Chinese meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit in Maleiers, Indiërs, Pakistani's en Sri Lankane. Meer as dertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Christene 19 persent, Moslems 15 persent, Taoïste sowat nege en Hindoes vyf persent van die bevolking verteenwoordig. Singapoer is naas die Republiek China op Taiwan een van twee gebiede buite die Chinese stamland wat in politieke opsig deur Han-Chinese oorheers word. Schöller, Peter; Heiner Dürr en Eckart Dege (reds.): Fischer Länderkunde. Boekdeel 1: Ostasien. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 211
Etimologie duimnael|links|Die Cantino-wêreldkaart uit 1502 wys Singapoer aan die uithoek van die Maleise Skiereiland, geskryf as Bargimgaparaa. Die Portugese het nog nie die Maleise Skiereiland bereik nie, dus is die uitbeelding daarvan onakkuraat. duimnael|links|'n Portugese kaart van Singapura deur Manuel Godinho de Erédia in 1604 Die Afrikaanse naam "Singapoer" is afgelei van die inheemse Maleise landsnaam Singapura ([siŋapura]) wat op sy beurt ontleen is aan die Sanskrit-woord vir "leeustad" (सिंहपुर; Siṃhapura; Brahmi: 𑀲𑀺𑀁𑀳𑀧𑀼𑀭; letterlik "leeustad"; siṃha beteken "leeu" en pura beteken "stad"' of "vesting"). Pulau Ujong was een van die vroegste verwysings na Singapoer-eiland in 'n 3de-eeuse berig wat na 'n plek verwys met die naam Pú Luó Zhōng (Chinees: 蒲 羅 中), 'n transkripsie van die Maleise naam vir "eiland by die uithoek van die skiereiland". Vroeë verwysings na die naam Temasek (of Tumasik) stam uit Nagarakretagama, 'n Javanese lofprysing uit 1365 en 'n Viëtnamese bron uit dieselfde tydperk. Dié naam beteken moontlik "seestad", afgelei van die Maleise tasek wat "meer" of "see" beteken. Die Chinese reisiger Wang Dayuan het rondom 1330 na 'n plek Danmaxi (Chinees: 淡馬錫; pinyin: Dànmǎxí; Wade-Giles: Tan Ma Hs) of Tam ma siak verwys, afhangende van die uitspraak; dit is moontlik 'n transkripsie van Temasek, andersins kan dit ook 'n saamstelling wees van die Maleise Tanah vir "land" en die Chinese xi vir "tin", wat op die eiland verhandel is.
Voor die stigting van die Koninkryk Singapura is naamvariante van Siṃhapura gebruik vir 'n aantal stede in die streek. In die Hindoe-Boeddhistiese kultuur is leeus geassosieer met krag en beskerming wat die aantrekkingskrag van so 'n naam kan verklaar. Die naam Singapura het ná die stigting van die Koninkryk Singapura op die eiland deur 'n gevlugte Soematraanse Raja (prins) uit Palembang iewers voor die 15de eeu die naam Temasek verdring. Die presiese tyd en rede vir dié naamverandering is egter onduidelik. Die halfhistoriese "Maleisiese annale" noem dat Temasek deur Sang Nila Utama, 'n 13de-eeuse Soematraanse Raja van Palembang, Singapura gedoop is. Dié annale sê dat Sang Nila Utama 'n vreemde dier op die eiland gewaar het wat hy as 'n leeu beskou het. Omdat hy dit as 'n voorteken gesien het, het hy die dorp Singapura gestig op die plek waar hy die dier teëgekom het. Volgens die tweede hipotese, soos aangehaal in Portugese bronne, is hierdie mitiese verhaal gebaseer op die werklike lewe van Parameswara uit Palembang. Parameswara het onafhanklikheid van Majapahit verklaar en 'n Leeutroon bestyg. Nadat hy toe deur die Javane in ballingskap gedwing is, het hy beheer geneem oor Temasek. Hy het moontlik die gebied, in herinnering aan die troon waarvandaan hy verdryf is, herdoop in Singapura.
Tydens die Japannese besetting is Singapoer hernoem in Syonan-to (Japannees: 昭 南, Hepburn: Shōnan) wat "lig van die suide" beteken. Vir Singapoer word soms die bynaam Garden City ("Tuinstad") gebruik met verwysing na sy parke en boomryke strate. 'n Ander informele naam is Little Red Dot ("klein rooi kolletjie"), wat ingeburger het ná 'n artikel in die The Wall Street Journal Asia op 4 August 1998 waarvolgens die Indonesiese president B.J. Habibie Singapoer 'n rooi kolletjie op 'n kaart genoem het.
Geografie duimnael|Changi Beach Park, een van Singapoer se natuurgebiede duimnael|Die Singapoer Botanic Gardens is die enigste tropiese tuin wat deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is. Singapoer lê 137 kilometer noord van die ewenaar aan die suidpunt van die Maleise Skiereiland. Die Seestraat van Johor, wat deur die sogenaamde Causeway-brug met 'n lengte van 1,1 kilometer oorspan word, vorm die noordelike grens met Maleisië, terwyl die stadstaat in die suide deur die Seestraat van Singapoer van die buurland Indonesië geskei word.
Die hoofeiland Singapoer strek oor 'n afstand van 42 kilometer in 'n wes-oostelike rigting en slegs 23 kilometer in 'n noord-suidelike rigting. Die kuslyn het 'n totale lengte van 140 kilometer. Van die 63 kleiner eilande is slegs twintig permanent bewoon. Hier het Singapoer se olieraffinaderye ook petrochemiese aanlegte opgerig.
Vanweë die relatief klein landoppervlakte is sowat 55 persent van die stadsgebied bebou met woonstelblokke en huise, fabrieke, paaie en ander fasiliteite. Die natuurgebiede, wat 45 persent van die oppervlakte beslaan, bestaan hoofsaaklik uit moerasgebiede, bosreservate, parke en natuurbewaringsgebiede. Slegs drie persent hiervan word vir landboudoeleindes gebruik. Die verbouing van rubberbome (Hevea brasiliensis, of Para-rubberboom, 'n spesie inheems aan Brasilië en wat in die 19de eeu in Suidoos-Asië ingevoer is) was vroeër die ekonomiese basis van Singapoer, maar speel vandag geen noemenswaardige rol meer nie. Moderne agrobedrywe voorsien tans in Singapoer se behoefte aan vars landbouprodukte.
Singapoer se belangrikste landskapsvorme is klein heuwels (die hoogste hiervan, die Bukit Timah, bereik 'n hoogte van 164 meter bo seevlak) en valleie wat in die weste en suidweste diep ingekeepte ravyne vorm. Die kusgebiede bestaan hoofsaaklik uit vlaktes en plato's, met enkele steil rotswande op sommige plekke.
Oorspronklik was slegs die suide van Singapoer-eiland langs die oewers van die Singapoerrivier bewoon, terwyl die res van die land uit tropiese reënwoud bestaan het of vir landboudoeleindes gebruik is. Gedurende die 1960's het nuwe stadsbuurte veral as satellietstede met woonstelblokke buite die oorspronklike stadsgebied ontstaan.
Grootskaalse landwinning en die bou van damme het Singapoer se oorspronklike landskap drasties verander en talle nuwe stadsbuurte het in voormalige baaie ontstaan. Die grootste riviere van Singapoer is die Sungei Seletar en die Singapoerrivier wat met sy oewers en kaaie soos Boat Quay 'n gewilde bestemming vir inheemse en buitelandse besoekers geword het. Talle kleiner rivierlope is verskuif en vloei tans ondergronds. Hulle is dikwels van betonpype voorsien om stormwaterdreinering te vergemaklik.
Die drooglegging van die voormalige moeraseiland en sy ontwikkeling tot 'n gevorderde nywerheidsland is een van baie merkwaardige prestasies van die plaaslike bevolking.
Klimaat duimnael|Middag-donderstorms is 'n gereelde verskynsel in Singapoer wat oor 'n tropiese reënwoudklimaat beskik Singapoer het 'n tropiese reënwoudklimaat met hoë daaglikse temperature tussen 30 en 34 °C wat snags tot tussen 23 en 27 °C afkoel. Reënvalle kom veral snags en vroeg soggens voor. Singapoer se tipiese swaar reënvalle gaan gewoonlik nie met 'n afkoeling van die lug gepaard nie, maar in die vogtige ekwatoriale klimaat met sy intensiewe sonstraling ervaar veral besoekers uit gematigde klimaatsones soos Noord-Amerika en Europa bewolking as 'n aangename afwisseling.
Die meeste reënvalle word tussen November en Januarie aangeteken, alhoewel die verskil teenoor die "droër" maande relatief klein is en swaar reën gewoonlik dwarsdeur die jaar voorkom. Die gemiddelde watertemperature is sowat 25 °C.
Geskiedenis Naam duimnael|upright|Standbeeld van Thomas Stamford Raffles deur Thomas Woolner op die (vermeende) landingsplek Die naam Singapoer is afkomstig uit Sanskrit en saamgestel uit Singha (सिंह, siṃha, "leeu“) en Pura (पुर, pura, "stad") wat "leeustad" beteken.
Volgens 'n legende het Sang Nila Utama, 'n prins uit Palembang, die hoofstad van die destydse Srivijaya-ryk, in 1299 Singapoer bereik en die Koninkryk Singapura gestig. Ná sy aankoms het die prins in die digte reënwoud glo 'n leeu gesien – waarskynlik was dit egter 'n Maleise tier, aangesien daar in die streek geen leeus was nie. Beïndruk van hierdie ontmoeting het hy dit as 'n goeie voorbode geïnterpreteer, besluit om die plek "leeustad" te noem en 'n nedersetting te stig. Singapoer se gelukbringer is sedert 1964 die Merlion, 'n mitologiese wese met 'n leeukop en 'n vislyf.
Handelsplek