Londen se Olimpiese Stadion, ook bekend as Londen-stadion, is in die Queen Elizabeth Olympic Park in Stratford, Londen, in die Verenigde Koninkryk geleë. Die stadion is ontwerp om die middelpunt van die 2012-Olimpiese Somerspele en die daaropvolgende 2012-Paralimpiese Somerspele te wees. Die opening- en sluitingseremonies, sowel as sekere atletiek-items is hier aangebied. Die stadion het 'n kapasiteit van 80 000 wat dit die derde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk maak (na Wembley-stadion en Twickenham-stadion). Die stadion het as gasheer vir verskeie Rugbywêreldbeker 2015-wedstryde gedien en het ook die Wêreldatletiekkampioenskappe van 2017 gehuisves.
Geskiedenis Daar is in die somer van 2007 met die voorbereiding van die terrein begin. Daar is met amptelike konstruksie op 22 Mei 2008 begin.
Wedstryde Lys van Rugbyliga-wedstryde in die Olimpiese StadionDatumSpan 1TellingSpan 2Notas 7 November 2015 9–2 2015 Baskerville Shield 13 November 2016 vs. Viernasies-toernooi 2016 Lys van Rugbyunie-wedstryde in die Olimpiese StadionDatumSpanTellingSpan 2Notas 29 Augustus 2015 Britse Barbarians 27–24 Rugbywêreldbeker 2015 warm-op 23 September 2015 38–11 Rugbywêreldbeker 2015 24 September 2015 58–14 4 Oktober 2015 16–9 7 Oktober 2015 64–0 30 Oktober 2015 24–13
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Sportgeriewe in Londen Kategorie:Sokkerstadions in Engeland Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Olimpiese stadions