Die Natalse zoanthus (Zoanthus natalensis) is 'n ongewerwelde seediertjie wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom. Dit word tot 8 mm breed en is kort, dik en heldergroen met donkergroen tentakels met 'n gladde tekstuur. Hulle woon in rotspoele in die tussengetysone.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Ongewerweldes