Rasmus Seebach (gebore 28 Maart 1980 in Frederiksberg) is 'n Deense sanger, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Hy debuteer met die treffer Engel in April 2009, nadat hy vir meer as tien jaar lank liedjieskrywer vir ander kunstenaars was. In September verskyn sy selfbetitelde debuutalbum, wat 'n groot sukses was en oor die 200 000 eksemplare verkoop is, en die rekord hou vir die meeste weke op die treffersparade. Die uitgee van sy tweede album Mer' end kærlighed in Oktober 2011 was die vinnigste blitsverkoper in die geskiedenis, met meer as 42 000 eksemplare wat in een week verkoop is.
Rasmus Seebach se musiek is uitgegee in Swede, Noorweë en Duitsland, waar hy veral sukses in Swede onder die Top 5 met Natteravn (Afrikaans: "Nagraaf") losgeslaan het. As liedjieskrywer het hy en sy ouer broer Nicolai ook groot sukses behaal met die ondersteuningsliedjie Hvor små vi er (Afrikaans: "Hoe klein is ons") (2005) vir die slagoffers van die 2004-tsunamiramp. Dit het 13x platinumstatus bereik.
Rasmus Seebach se sukses is al toegeskryf aan die liedjies se eenvoudige, banale lirieke oor "liefde en stadstoere, wat in sy lirieke dikwels praat- of SMS-taal besig" en "dat sy lewensverhaal die bestanddele het van 'n meer geharde Deense pop-verhaal", met verwysing dat Rasmus Seebach die seun is van die gewilde Deense sanger, Tommy Seebach, wat in 2003 gesterf het.
Lewensgeskiedenis en loopbaan Opvoeding en vroeë loopbaan (1980–2008) Rasmus Seebach is gebore op 28 Maart 1980 in Frederiksberg te Kopenhagen, as seun van Karen Sommer en die sanger Tommy Seebach. Rasmus Seebach het ook 'n jonger suster, Marie, en ouer broer, Nicolai. Sy pa het in 2003 op die ouderdom van 53 jaar aan 'n hartaanval gesterf. In die liedjie "Den jer er" (Afrikaans: "Wie ek is") van 2009, vergewe Rasmus Seebach sy pa vir sy alkoholiese leefstyl met die woorde:
"Lov mig du må ikke sige undskyld, for du har gjort mig til den jeg er". "Belowe my jy sal nie jammer sê nie, want jy het my gemaak wie ek is."
Rasmus Seebach sou 'n professionele sokkerspeler geword het. Maar die musiek het die sokker gewen.
Rasmus Seebach begin op 'n vroeë ouderdom in musiek belangstel. Sy pa se ateljee was naby Rasmus se slaapkamer, wat beteken dat hy in sy eie woorde "gedwing was om na die musiek te luister" en dat hy onbewustelik deur sy pa se musiek geïnspireer was. Hoewel hy met popmusiek grootgeword het, was Rasmus as tiener geïnteresseerd in kletsrym en hip-hopmusiek, op grond van "die nogal lekker, sterk houding en "edge" " van die genre. Saam met sy ouer broer, Nicolai, stig hulle die kletsrymgroep, G-Bach, en in 1999 reik hulle 'n hip-hop-album, "Skakmat" (Afrikaans:"Skaakmat") uit.
Sedert die laat-1990's skryf en vervaardig Seebach saam met sy broer liedjies vir sowel Deense as buitelandse kunstenaars. Sedert 2000 bedryf hulle die produksiemaatskappy Top Notch Music, en het onder andere saamgewerk met Jokeren, Natasja, B-Boys, Nicolai Kielstrup, David Bisbal en Big Brovaz. In 2005 skryf hulle die musiek vir die welwillende liedjie, "Hvor små vi er", ten bate van die slagoffers van die tsunami in die Indiese Oseaan.
Rasmus Seebach was verder betrokke in die rolprent Carmen & Babyface van 1995, waar hy Adrian (Babyface) speel.
Deurbraak as sanger (2009 – nou) Rasmus Seebach tydens 'n optrede in Augustus 2010.|duimnael|links Aanvanklik was Rasmus slegs 'n liedjieskrywer vir ander kunstenaars en het geglo dat dit die beste is om nie op die voorgrond te wees nie. Dit verander egter toe hy die liedjie "Engel" geskryf het en Seebach gevoel het dit is sy roeping om 'n sanger te word. Hy was ook bang dat hy later in sy lewe sou spyt wees dat hy nie 'n sangloopbaan nagevolg het nie, "Ek was toe amper 29 jaar op daardie tydstip, en toe dink ek: 'Okei, dit moet nie net by nou bly nie.' Ek glo dit sou my regtig erg gepla het as ek as 35-jarige sou sit en vra waarom ek nie self liedjies gesing het nie." "Engel" is vrygestel as Seebach se debuutenkelsnit in die somer van 2009 en word mettertyd 'n groot treffer. Volgens Thomas Søie Hansen van die Deense dagblad Berlingske Tidende verteenwoordig die liedjie "die bakermat van 'n nuwe era in die Deense popmusiek". Daarna het die debuutalbum Rasmus Seebach op 28 September 2009 gevolg.
By die Zulu-toekennings 2010 wen Seebach drie pryse in die kategorieë "Nuwe Deense Naam van die Jaar", "Deense Sanger van die Jaar" en "Deense treffer van die Jaar" (vir "Engel"). Daardie selfde jaar wen hy ook die prys van die "Deense Manlike Kunstenaar van die Jaar" by die Deense Musiektoekennings.
Op 27 Mei 2011 word die liedjie "Engel" in die Engelse weergawe getiteld "Angel" in Duitsland vrygestel. In Septembermaand word "Natteravn" in die Engelse weergawe "Calling (Nighthawk)" vrygestel. Hierdie enkelsnit verkry 'n beskeie posisie op nommer 90 van die Duitse trefferparade. Daar is beplan om 'n Engelse weergawe van Rasmus Seebach se debuutalbum vry te stel in November 2011, maar die album is nooit uitgebring nie.
Rasmus stel sy tweede ateljee-album Mer' end kærlighed, wat bestaan uit 12 liefdesliedjies, op 17 Oktober 2011 vry. "I mine øjne" (Afrikaans: In my oë) is vrygestel as die eerste enkelsnit op 22 Augustus, en volgens die platemaatskappy is dit "'n liedjie wat deur Rasmus se ma geïnspireer is, en dit handel oor mense wat baie vir hom beteken". Hierdie enkelsnit skitter onmiddellik nommer een op die enkelsnit-, stroom- en AirPlay-lyste en die lied word meer as 15 000 keer binne één week afgelaai. Die snit bereik teen middel-Desember dubbelplatinumstatus vir 60 000 aflaaie, en is dus Seebach se grootste treffer tot op hede. Die album ontvang oorwegend positiewe resensies en gaan reguit na # 1 op die trefferparade met 42 089 verkope in die eerste week. Dit maak Rasmus Seebach die kunstenaar wie se musiek die vinnigste in Deense geskiedenis verkoop. Die album was die beste verkoper in 2011 in Denemarke. Aan die begin van Januarie 2012 word Mer' end kærlighed sewe keer platinumstatus gesertifiseer vir 140 000 verkoopte kopieë. Die album het tot op hede meer as 200 000 eksemplare verkoop.
Rasmus Seebach het saamgewerk aan die Amerikaanse sanger Lionel Richie se nuwe album, "Tuskegee", wat op 5 Maart 2012 uitgegee word. Die album bevat herskeppings van Richie se grootste treffers in duet met bekende countrymusiek-sangers soos Shania Twain, Jennifer Nettles, Kenny Rogers en Willie Nelson. In Januarie word Seebach se duet saam met Lionel Richie se "Say You, Say Me" in Los Angeles opgeneem. Richie was so begeestered oor die samewerking dat die lied in die meeste wêrelddele in die internasionale weergawe van die album vrygestel sal word.
Seebach het ook meegewerk in die kinderreeks Ramasjangskolen, wat dikwels op DR Ramasjang vertoon word.
Pryse Deense Musiektoekennings vir 2012: 'Deense liedjieskrywer van die jaar' (saam met Nicolai Seebach en Lars Ankerstjerne vir "Mer’ End Kærlighed" 'Deense manlike kunstenaar van die jaar' 'Deense Popuitgawe van die jaar' vir "Mer' end kærlighed" 'Publiekprys van die jaar'
Met die vier toekennings was Rasmus Seebach die suksesvolste kunstenaar.
Diskografie Album Jaar Album Hoogste plasing Sertifisering Lêer:Nuvola Danish flag.svgHitlisten Lêer:Nuvola Norwegian flag.svgVG-lista Lêer:Nuvola Swedish flag.svgSverigetopplistan 2009 Rasmus Seebach 1 — 10 DEN: 11× Platinum SWE: Goud 2011 Mer' end kærlighed 1 — 19 DEN: 10× Platinum 2013 Ingen kan love dig i morgen 2015 Verden ka' vente 2017 Før vi mødte dig 2019 Tak for turen "—" dui op 'n vrystelling wat nie 'n ranglysposisie bereik het nie.
Enkelsnitte Deens Jaar Enkelsnit Hoogste plasing Sertifisering Album Lêer:Nuvola Danish flag.svgHitlisten Lêer:Nuvola Norwegian flag.svgVG-lista Lêer:Nuvola Swedish flag.svgSverigetopplistan2009 "Engel"1—12 DEN: PlatinumRasmus Seebach"Glad igen"2—— DEN: Platinum2010"Lidt i fem"3—— DEN: 2× Platinum"Natteravn"1454 DEN: Platinum SWE: Goud2011 "I mine øjne"1—— DEN: 2× PlatinumMer' end kærlighed "Millionær" (met Ankerstjerne)2—— DEN: Platinum2012 "Falder"18—— DEN: Goud"—" dui op 'n vrystelling wat nie 'n ranglysposisie bereik het nie.
Engels Jaar Enkelsnit Hoogste plasing Lêer:Nuvola German flag.svg2011 "Angel"— "Calling (Nighthawk)"90"—" dui op 'n vrystelling wat nie 'n ranglysposisie bereik het nie.
met bykomende kunstenaar Jaar Enkelsnit Hoogste plasing Sertifisering Album Lêer:Nuvola Danish flag.svg2012 "Say You, Say Me"(Lionel Richie en Rasmus Seebach)3 Goud(aflaai)Tuskegee "1000 år"(Ankerstjerne met Rasmus Seebach as bykomende kunstenaar) 11 Goud (regstreeks)Ankerstjerne
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike tuisblad Top Notch Music se tuisblad
Kategorie:Deense musici Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense