Die blinktaaibos (Searsia lucida), voorheen Rhus lucida, is 'n klein boompie wat tussen struikgewasse of in woude gevind word vanaf seevlak tot so hoog as 2000 m bo seevlak. Die boompie kom aan die kus van Suid-Afrika voor vanaf Saldanhabaai tot in die noorde van KwaZulu-Natal, asook in Mpumalanga en Limpopo. Dit kom ook in Lesotho en Zimbabwe voor.

Die blomme is klein en roomwit. Die vrugte, sowat 4 mm in deursnee, word blinkbruin as hulle ryp raak. Die boom staan ook bekend as die wakstaaibos en in Engels as Glossy currant.

Subspesies Die spesie het het drie subspesies: Searsia lucida f. elliptica (Sond.) Moffett Searsia lucida f. lucida Searsia lucida f. scoparia (Eckl. & Zeyh.) Moffett

Die boom se FSA-nommer is 388.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

lucida Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe