Divan Serfontein (* 3 Augustus 1954 in Vanderbijlpark) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se nege-en-dertigste Springbokkaptein. Hy het vir die Westelike Provinsie gespeel en is 'n dokter. Serfontein het in 1974 vir die Westelike Provinsie se onder-20 span gespeel en het in 1976 sy buiging vir die Westelike Provinsie gemaak teen die besoekende All Blacks. Hy het die WP tot Curriebekeroorwinnings gelei in 1982, '83 en '84 waarna hy uitgetree het.

Eksterne skakels

Bron Die Kapteins, Edward Grif-fiths, 2001,

Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Geboortes in 1954