200px Olga Grjasnowa
Duitse skryfster
Debuutroman Der Russe ist einer, der Birken liebt Olga Grjasnowa (* 14 November 1984 in Bakoe, Azerbeidjan) is 'n Duitse skryfster. Sy woon in Berlyn.
Lewe Olga Grjasnowa se pa was in die Sowjetunie as juris, haar ma as musiekwetenskaplike werksaam. In 1996 het die gesin as sogenaamde kontingent-vlugtelinge na Duitsland geëmigreer en hulle in die deelstaat Hesse gevestig. Hier het Olga op die ouderdom van elf Duits aangeleer en in Frankfurt am Main die Duitse matriekeksamen (Abitur) geskryf.
Vanaf 2005 het sy aanvanklik kunsgeskiedenis en Slawistiek aan die Georg-August-universiteit in Göttingen, Nedersakse, gestudeer en daarna in Leipzig 'n kursus in Literêre skryfwerk by die Duitse Literatuurinstituut gevolg. Hier het sy in 2010 haar B.A.-graad behaal. Sy het met studies in Pole, Rusland en Israel voortgegaan en studeer tans Danswetenskappe aan die Vrye Universiteit te Berlyn.
Literêre loopbaan Olga Grjasnowa het in 2007 in Oostenryk aan die „Klagenfurter Literaturkurs“ deelgeneem. In die volgende jaar het sy 'n beurs van die Rosa-Luxemburg-stigting ontvang en was in 2010 'n deelnemer by die Jürgen-Ponto-skryfwerkwinkel. In dieselfde jaar is haar debuut-toneelstuk Mitfühlende Deutsche met die Wiener Wortstätten se dramaprys bekroon. In 2011 het sy die Robert Bosch-stigting se "Grensganger-beurs" ontvang om navorsing in Azerbeidjan te kan doen.
Grjasnowa het van haar literêre werk in tydskrifte en antologieë gepubliseer. Haar debuutroman Der Russe ist einer, der Birken liebt ("Die Rus is iemand wat van beukebome hou"), waaraan sy drie jaar gewerk het, was in 2012 'n onmiddellike sukses wat deur literêre kritici in 'n verskeidenheid feuilletons gewaardeer is.Onder meer in die groot nasionale Duitse en Switserse dagblaaie Süddeutsche Zeitung (17 Maart 2012), Frankfurter Allgemeine Zeitung (25 Februarie 2012) en Zürcher Zeitung (13 Maart 2012). In hierdie roman het sy haar eie ervarings as vlugtelingskind in Duitsland, soos byvoorbeeld haar moeilikhede met vreemde kulturele kodes, maar ook dié van ander mense soos ooggetuies van die pogroms teen Armeniërs in 1991 in Bakoe, verwerk.Lost in Migration? Olga Grjasnowas packendes Romandebüt. Onderhoud met Olga Grjasnowa. In: büchermenschen. Nommer 2, 2012, Boekhandel Hugendubel, München, bl. 17
Olga Grjasnowa stel daarnaas in interdissiplinêre mediakuns belang. Binne die bestek van die projek Ansichtssache, wat in 2009 deur die Robert Bosch-stigting en die Goethe Instituut in die Poolse stad Łódź georganiseer is, is een van haar kortfilmdraaiboeke verfilm.
Bronnelys Der Russe ist einer, der Birken liebt, Hanser, München 2012 Oudioboek: Hörbuch Verlag, Hamburg 2012, .
Verwysings
Notas
Eksterne skakels Olga Grjasnowa in Perlentaucher
Media
Olga Grjasnowa as verslaggewer vir die Duitse televisienetwerk ARD in Bakoe, Azerbeidjan - gasheerstad van die Eurovision-sangfees 2012 Olga Grjasnowa lees uit haar boek "Der Russe ist einer, der Birken liebt"
Kategorie:Duitse skrywers Kategorie:Geboortes in 1984