Liza Brönner (11 Desember, 1989, Kaapstad, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI). Haar derde album, Vir eers is dit net ek... is op 1 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.) In Mei 2013 wen Brönner 'n werklikheidsprogram wat 'n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,Liefling (die rolprent om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer 'n puik vertolking van die hoofrol, "Liefling" teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.
Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, "Vir eers is dit net ek" het 2Brothers Entertainment haar nuwe album, "Jy het my gevind" aangekondig.
Desember 2014 - "Liefling" teater produksie by die Teatro, Montecasino. Die 1ste Afrikaanse musiekblyspel by die Teatro. Liza speel die rol van "Liefling" teenoor Bobby van Jaarsveld.
Getroud met Ricus Nel 26 Januarie 2013
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Diskografie Onderstebo, 2009[Liza Brönner "Onderstebo" CDEMIM 346] Asemloos, 2010[Liza Brönner "Asemloos" CDEMIM 358] Vir eers is dit net ek, 2011[Liza Brönner "Vir eers is dit net ek..." HIT003] Jy het my gevind, 2013[Liza Brönner "Jy Het My Gevind" 6009694028776] Nuwe Enkelsnit "Sit jou hand op jou mond", 2014
Musiek Video Lys Jy het my gevind Asem jou in Waar jou soene hoort Hier by my Clout – Substitute Substitute (The Righteous Brothers song) (Duet met Cindy Alter)] Cindy Alter (Clout) Alles in 'n hartklop Sonder jou met Louis Fivas
Filantropie Liza is betrokke by die Hanna Charity and Empowerment Foundation waar hul missie is om met die arm en gemarginaliseerde mense van Suid-Afrika hande te neem. Hulle bied persoonlike aandag en direkte voordele vir die kinders, die jeug, oumense en hul families sodat hulle met waardigheid kan leef, hul gewenste potensiaal te bereik en ten volle deel te neem in die samelewing. Hanna Charity saam met Liza Bronner by Margaretha Ackerman Ouetehuis Hanna Charity en Liza Bronner sing Blinkvosperd by Margaretha Ackerman Ouetehuis
Media "Liefling Liza loop oor van vreugde" deurBeeld (Lourensa Eckard) Digitaal op 04 June 2013 "Hoekom jy Liefling móét gaan kyk" deur Huisgenoot (Wicus Pretorius) Digitaal op 07 June 2013 "Jy is my liefling" - Realiteits program Kyknet "Album van die week: Jy het my gevind deur Liza Brönner" deur Huisgenoot (Naudé van der Merwe) Digitaal op 14 October 2013 "Kersfees Skouspel terug" by Carnival City (Lefra Productions) 11/29/2013 "Liza Interview" deur NET NEWS (Ken Belter) "Hier by my CD Vrystelling" deur Kyknet (Bravo) "Hier by my CD Vrystelling" deur (Jacatainment TV) "Liefling" Teatro Montecasino "LIEFLING" in teater by die Teatro Montecasino "Liefling die Musiekblyspel in teater by die Teatro Montecasino" "Liefling die Musiekblyspel in teater by die Teatro Montecasino" "Liefling die Musiekblyspel" deur Vrouekeur "Liefling is 'n treffer!" deur Kyknet (Sune Lotter) "Liefling" deur BLCK TV Review: Liefling deur B Sharp Entertainment (Chris Avant-Smith)
Verwysings
Eksterne skakels Facebook Bladsy Hit Records’ webwerf Hanna Charity and Empowerment Foundation
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense