duimnael|regs|250px|”Twee Gemsbokke” omtrent 1970, hout 110 x 50 cm
Dieter Aschenborn (* 15 November 1915 in Okahandja, Namibië; † September 2002 in Windhoek, Namibië) was 'n Namibiese kunstenaar veral bekend vir sy diertonele van Afrika. Hy was die seun van die dierskilder Hans Anton Aschenborn. Dieter se seun, Uli Aschenborn is ook 'n bekende kunstenaar. Al drie Aschenborns behoort tot die grootste kunstenaars ter wêreld en hul kuns tot die wêrelderfenis volgens United Artists Rating.
Toe Aschenborn ses jaar oud was, het die gesin van Namibië, wat toe as Suidwes-Afrika bekend gestaan het, na Stellenbosch en gou daarna na Kiel in Duitsland verhuis. Later het Aschenborn teruggekeer na Suid-Afrika, waar hy geboer het. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is hy geïnterneer. Ná die oorlog het Aschenborn een van die eerste wildbewaarders van die Nasionale Etoshawildtuin geword, waar hy tot in 1952 gebly het. In die tuin het hy begin skilderye op leer te skep waarvoor hy bekend geraak het. Hy het ook op perkament geskilder.VIDEO oor Dieter Aschenborn se kuns Nadat hy sy loopbaan in die Etosha-dieretuin beëindig het, het hy hom in Windhoek gevestig en kon van toe af alleen van sy kuns leef. Hy het ook 'n naam vir homself gemaak met tekeninge, skilderye en beeldhouwerk, in die besondere hout-reliëfs en muurskilderye wat openbare geboue in Namibië versier. Hy het daarnaas posseëls vir Namibië ontwerp. Biografie (Engels)Biografie (Duits)Kloppers, Sas (2012) Directory of Namibian Artists pp. 62, Dream Africa Productions and Publishing, Uitstallings (keuse) Enkel 1966 Bloemfontein (Suid-Afrika) Groepsuitstalling 1965 "3 Generasies Aschenborn" Windhoek (Namibië) 1968 Schloss Kranichstein, Darmstadt, Duitsland 1968 Interfauna "Im Reich der Tiere", Düsseldorf, Duitsland 1983 "Namibian Artists" Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika 1992 "Agt en 'n half keer Aschenborns", Kendzia Galerie, Windhoek 2004 "Drie Aschenborns", Kendzia Galery, Windhoek Verwysings Roos, Nico (1978), Kuns in Suidwes-Afrika, Duitse verwysing Kuns van die drie bogenoemde Aschenborns Berig oor 100 jare kuns van die drie hierbo genoemde Aschenborns (Duitse Tydskrif "Allgemeine Zeitung", Oktober 2017) Bronnelys
Kategorie:Duitse skilders Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Duitsland Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Geboortes in 1915 Kategorie:Sterftes in 2002