duimnael|links|Die woord "Ôxômiya" in Assamese skrif Assamees (অসমীয়া, Asamiya of Ôxômiya, [ɔ.xɔ.mia]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 13 miljoen mense in Oos-Indië en Bangladesj gepraat word. Assamees is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstaat Assam. Assamees is nou verwant aan Bengaals en word in die Assamese alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Assam Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Bangladesj Kategorie:Tale van Indië