Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Singalese.

duimnael|links|Die woord "Sinhala" in die Singalese alfabet Singalees of Sinhala (සිංහල, singhala, [ˈsiŋɦələ]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 16 miljoen mense in Sri Lanka gepraat word. Singalees vorm saam met Tamil die amptelike tale van Sri Lanka en is die belangrikste inheemse taal van dié eilandstaat. Singalees is nou verwant aan Dhivehi en word in die Singalese alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Ander verwante tale sluit in Konkani in die Indiese deelstaat Goa en Marathi in die Indiese deelstaat Maharashtra, hoewel Konkani soms as 'n dialek van Marathi beskou word.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Sri Lanka