Hierdie artikel handel oor die Noord-Ndebeletaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Ndebeles.
duimnael|links|Voorblad van een van die vroegste woordeboeke van isiNdebele wat in Rhodesië gepubliseer is: J. O'Neil se "Phrase Book in English and Sindebele" uit 1910 Noord-Ndebele of Sindebele, Tabele, Tebele (isiNdebele in Noord-Ndebele) is 'n Afrikataal wat tot die Ngunigroep van Bantoetale behoort. Dit word deur die Ndebeles of Matabele van Zimbabwe gepraat. Dit is naas Shona een van die twee hooftale van Zimbabwe en een van die amptelike tale van dié land.
Noord-Ndebele is verwant aan Zoeloe, wat in Suid-Afrika gepraat word. Die Ndebele van Zimbabwe stam meestal van die volgelinge van Zoeloeleier Mzilikazi af. Hy verlaat kwaZulu in die begin van die negentiende eeu gedurende die Mfecane.
Noord-Ndebele (isiNdebele) is nou verwant aan, maar 'n andere taal as Suid-Ndebele (Ndebele) wat vernaamlik in Suid-Afrika gepraat word en een van die 11 amptelike tale is.
Sien ook Tale in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nguni-tale Kategorie:Tale van Botswana Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Zimbabwe