Die Indiese skriffamilie of Brahmi-skriffamilie is ’n familie abugidas wat in Suid-Asië (onder meer in Pakistan en Afganistan) gebruik word, asook in Suidoos-Asië en dele van Sentraal- en Oos-Asië. Die naam "Brahmi" is afgelei van die Brahmi-skrif van die antieke Indiese subkontinent. Die Indiese skrifte word vir verskeie taalfamilies gebruik.
Sien ook Geskiedenis van die alfabet
Kategorie:Kultuur in Indië Kategorie:Abugidas