Die Hoërskool Vryburg is ’n publieke hoërskool in Vryburg, Noordwes, Suid-Afrika. Die skool is in 1891 gestig.

In die nuus In 1999 was die Hoërskool Vryburg in die nuus nadat Andrew Babeile, ’n 19-jarige swart gr. 9-leerling ’n blanke klasmaat, Christoff Erasmus met ’n skêr in die nek gesteek het. Babeile is skuldig bevind op ’n aanklag van poging tot moord en is tot slegs drie jaar tronkstraf gevonnis. Nelson Mandela het nie die voorval veroordeel nie en dit goedgedink om aan Babeile R20 000 rand gegee om verder te studeer. Hy het ook gesê hy glo dat Babeile se appèl teen die tronkstraf sou slaag. Later daardie jaar het die regering ’n swart adjunkhoof op die skool afgedwing om die rassespanning te probeer verminder maar die skool se beheerliggaam het dit probeer voorkom. Babeile het slegs die helfte van sy vonnis uitgedien en is in 2003, nadat hy vrygelaat is, weer aangekla, hierdie keer op aanklagte van onsedelike aanranding.

Skoollied Hoërskool Vryburg se skoollied:

Noemenswaardige alumni Jaap Marais, politikus en medestigter van die Herstigte Nasionale Party Hannon Bothma, sakeman en modekenner

Eksterne skakels Hoërskool Vryburg se amptelike webwerf

Verwysings

Kategorie:Skole in Noordwes